Stephan Joubert: God onthou binne sy karakter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Ons geheue het te make met wat ons onthou en hoe ons inligting herroep . . . of nie! Dalk is dit hoekom die filosoof Paul Ricoeur skryf: "The duty of memory consists essentially in the duty not to forget." Dit sluit volgens hom ook "the memory of forgetting" in.

Ons berg inligting nooit in alfabetiese volgorde van A tot Z in 'n logies geordende formaat in ons geheue nie. Ons onthou feite en gebeure graag ook aan die hand van ervarings en verhale. Daarom is ons geloofsgeheue so belangrik.

In Psalm 25 vra die skrywer (teoloë is nie seker of dit deur of vir Dawid geskryf is nie) juis vir die Here om hom anders te onthou as hoe hy homself hier onthou. Spesifiek vra hy God in vers 7 om asseblief tog nie al die sondes van sy jeug te onthou nie. God moet slegs aan die hand van sy troue liefde aan sy kneg dink.

Hy vra met ander woorde vir die Here om in karakter te bly as Hy aan hom dink. Hy weet God se karakter is dié van goedheid. Vanuit hierdie hemelse deernis en genade moet Hy onthou.

Wel, die goeie nuus is God doen dit! Hy ken ons en onthou vanuit sy eindelose goedheid.

Uit die Woord

Dink aan u barmhartigheid en u troue liefde, Here, want dit is van altyd af daar. Aan die sondes van my jeug moet U nie dink nie; dink aan my in u troue liefde, omdat U goed is, Here. - Psalm 25:6-7

SPELETJIES VANDAG

CTA