Stephan Joubert: Gou-gou, of nie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Gebruik jy dit ook? Ek praat van daardie gewilde woord "gou-gou". Ek moet bely: Ek doen dit. Gedurig sê ek dat ek dit of dat gou-gou moet doen. Ek moet gou-gou gaan melk koop; gou-gou brandstof ingooi; gou-gou saam met iemand kuier. Gedoriewaar, ek het selfs al begin sê ek moet gou-gou gaan slaap. Lyk my alles gebeur teen 'n gou-gou spoed.

Miskien is dit net 'n aanwendsel om sulke uitdrukkings te gebruik. Taal raak gou-gou(!) stereotiep. Aan die ander kant vorm ons taal ook ons werklikheid. Daarom moet ons let op die woorde wat gedurig oor ons lippe rol. Ons daaglikse taal is vensters na ons siel. Dit vertel wat in ons harte aangaan.

Daarom moet ons vir die Here vra om ons taalsensitief te stem. Bo en behalwe daardie hemelse wag van Psalm 41:3, wat Hy dag en nag voor ons lippe aan diens moet hou, moet Hy ons leer om altyd opbouend te praat. Onder meer vereis dit dat ons aanhoudend nuwe taal op ons lippe moet laai. Ek bedoel daardie soort taal wat meer is as blote aanwendsels.

Uit die Woord

Nie 'n enkele afbrekende woord moet uit julle mond kom nie, maar eerder 'n woord wat goed is vir noodsaaklike opbou, sodat dit voordeel mag bring vir diegene wat dit hoor. - Efesiërs 4:29

SPELETJIES VANDAG

CTA