Sielsdinge

Stephan Joubert: Groei reg deur die lewe

Oud word
old and child Oud word (sezer66/Foto: Getty Images)

Mense sê graag oud word is nie vir sissies nie. Inderdaad.

Ouer wordende mense beleef uitdagende dinge soos gesondheidskrisisse en verlies aan identiteit. Daarom sê Tom Meuser: “With advancing age, when your footprint in the world is shrinking and your social network is getting smaller, reminiscing helps people tap into their own inner resilience, to recognize: ‘I’ve done interesting and meaningful things and I still have them inside me.’ ”

Maak nie saak hoe jonk of oud ons is nie, dis lewensbelangrik om nie ’n gevangene van ons verlede te wees nie. Ja, dis wonderlik om te mag weet ons het darem al ’n paar belangrike dinge reggekry, maar ons is meer as gister en eergister se suksesse.

Ons is steeds dankbaar dat die Here sy doel op verskillende maniere met ons lewe bereik het tot op hede, maar ons steek nooit vas by gister nie. Ons gebruik gister se herinneringe om ons vandag sterker te maak.

Ons vier soms die verlede se hoogtepunte, maar ons kies om aan te hou groei in ons geloof. Al is ons invloedsfeer dalk baie kleiner as gister, is ons dankbaarheid en tevredenheid vandag baie groter.

Uit die Woord

Daarom gee ons nie moed op nie, want selfs al vergaan ons uiterlike mens, word ons innerlike mens van dag tot dag vernuwe. – 2 Korintiërs 4:16

CTA