Stephan Joubert: Hoe lyk jou wêreldbeeld?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

'n Klompie jare gelede het die Barna Group in die VSA 'n insiggewende studie oor gelowiges se wêreldbeskouinge gedoen. Hulle het indringend gaan kyk na wat gelowiges se sienings, opinies en gedrag die meeste beïnvloed.

Een van die skokkende bevindinge was dat die media in verskillende formate die grootste invloed op gelowiges uitoefen, en dat die kerk min impak op die daaglikse leefwyse van hul lidmate het.

Gelowiges se keuses, besluite en emosies word meestal bepaal deur dit wat aan die orde van die dag is op verskillende mediaplatforms.

Dalk moet ons onsself hier aan die begin van die jaar afvra: Hoe sien ons eie wêreldbeeld daar uit? Is dit geanker in 'n goed begronde begrip en die uitleef van Bybelse norme? Dra ons regtig Jesus se kruis? Het ons God werklik van harte lief, en ander mense soos onsself? Leef ons met die nodige oorgawe vir Hom, en tot voordeel en opbou van ander in ons daaglikse lewe? Of sit ons ook opgeskeep met 'n gesplete wêreldbeeld wat vermeng is met enigiets, van 'n paar porsies geloof af wanneer dit ons pas tot 'n voltydse mediaverslaafdheid?

Uit die Woord

Daarom, terwyl ons ook so 'n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het. - Hebreërs 12:1-2

SPELETJIES VANDAG

CTA