Stephan Joubert: Is God ’n Israeliet?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Pixabay
Illustrasie: Pixabay

In Eksodus 6 sê God Hy het Israel as sy volk aangeneem. Hy het dit uit genade gedoen.

Beteken dit God is 'n Israeliet? Nee. God was nooit eksklusief hul godheid wat ingeperk was tot die tempel in Jerusalem nie.

Die Kanaäniete en Egiptenare in die Ou-Testamentiese era het wel hul eie gode gehad wat sinoniem was met hul eie kulture. In daardie sin was en is God nog nooit die besitting van Israel nie. Dan sou Hy nooit die Nuwe Testament laat gebeur het waar ons 'n nuwe Koning het, saam met 'n nuwe, internasionale volk, nie.

Om Jesus na te volg is om 'n nuwe Koning in die nuwe koninkryk van God te dien. Om Jesus te ken is om deel te wees van God se nuwe volk wat die ganse wêreld vol is.

Ons almal, of ons nou Jood of Griek, man of vrou, slaaf of vry is, dra nou sy vredesvlag. Ons dra Jesus se kruis, nie 'n swaard nie. God se nuwe universele volk is afkomstig uit elke stam, taal, volk en nasie. Geen spesifieke grondgebied of nasie is nou meer sy eksklusiewe volk nie.

Uit die Woord

Daar is nou nie meer Jood of Griek, nie meer slaaf of vryman, nie meer manlik en vroulik nie; want julle almal is één in Christus Jesus! - Galasiërs 3:28

SPELETJIES VANDAG

CTA