Sielsdinge

Stephan Joubert: Jy gee genoeg om

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Niemand gee om nie, sê hulle. Gelukkig is jy nie niemand nie. Jy is iemand wat omgee. Die Here het jou herskep vir omgee. Hy het 'n nuwe hart in jou binneste laat klop omdat jy glo. God het jou hart omgeskep in sy Gees se nuwe skryfpapier, soos wat 2 Korintiërs 3 vertel.

Daarom is jy nie verstrengel in jou eie, selfsugtige behoeftes nie. Nou kla jy nie meer oor almal wat vergeet om vir jou om te gee nie. Jy is lankal oor sulke klagtes.

Nou gee jy eerste om. Jy dreig nie net om dit te doen nie, jy doen dit! Maar jy doen dit altyd op die Here se manier deur reg en opbouend aan ander te dink. Dan doen jy ook wat jy kan vir ander, met dit wat jy tot jou beskikking het. Ook bid jy vir hulle.

Jy tel hul laste op jou skouers en dra dit graag na God se troon. Jy is altyd jou beste self in diens van die Here en ander. Jy gee genoeg om.

Julle is duidelik 'n brief van Christus wat deur ons diens opgestel is, geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte. - 2 Korintiërs 3:3

Streef altyd na wat goed is vir mekaar en vir alle mense. - 1 Thessalonisense 5:15

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM