Sielsdinge

Stephan Joubert: Kan ek God betaal om van my te hou?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Omkoopgeld is volop in Suid Afrika. Hulle sê elkeen het 'n prys. Hulle sê jy kan jou loskoop uit enige moeilikheid.

Wat van God? Kan jy vir Hom iets aanbied wat Hom sal beweeg om meer van jou te hou?

Wel, die profeet Miga worstel met hierdie einste vraag. In Miga 6 vra hy: Wat sal hy saamvat as hy na die Here toe gaan? Wat sal God se hart positief stem jeens hom?

Dan noem Miga verskeie offers op, soos jaaroud kalwers, duisende ramme, tienduisende offers van olie, of selfs sy eersgeborene.

Hy weet egter God vra dit nie van hom nie. Wat God wel vra, is dat Miga en ons (!) sal goed doen. Ons moet reg laat geskied. Ons moet liefde en medelye bewys. Ons moet nederig leef voor God. Dan doen ons reg.

Ons kan God nooit beïndruk met ons geskenke of vroom beloftes nie. Hy het niks van ons nodig nie. Hy het ons in elk geval lief. Ons moet maar net wys ons is sy kinders deur met die nodige opregtheid en liefde tot sy eer te leef.

Uit die Woord

Wat anders eis die Here van jou as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om nederig die pad saam met jou God te loop? - Miga 6:8

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM