Stephan Joubert: Kreatiwiteit troef krag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Hommeltuigfoto van Kizilhisar in Turkye.Foto: Getty Images
’n Hommeltuigfoto van Kizilhisar in Turkye.Foto: Getty Images

Naby Efese in Turkye is daar 'n kasteel genaamd Kizilhisar. Volgens 'n ou legende is dit deur vyandelike soldate beleër. Hulle was onsuksesvol, totdat die aanvallers een aand 'n slim plan beraam het. Hulle het kerse aan die horings van honderde bokke vasgemaak en dié teen die berg opgejaag. Die soldate in die kasteel het daardie kersliggies vir 'n groot weermag aangesien. Toe vlug hulle.

Gideon het iets soortgelyks in Rigters 7 gedoen toe hy die Midianiete een nag op die vlug laat slaan het. Sy groepie van 300 soldate het dit reggekry deur onder die Midianiete se kamp met fakkels in hul linkerhand hard op hul ramshorings te blaas.

Hierdie verhale wys dat ons nie 'n getalleoormag aan ons kant hoef te hê om doeltreffend te wees nie. Ons moet net kreatief wees.

Hiervan gepraat, kreatiwiteit moet 'n normale deel van ons geloof uitmaak. Ons moet die Here gedurig om groter kreatiwiteit in ons lewe vra. As ons dit doen, sal ons nuwe hemelse geleenthede rondom ons raaksien. Dan sal ons ook waagmoedige nuwe planne in werking stel met ons eie paar fakkels en kerse wat groot oormagte sal laat skrik.

Uit die Woord

Die drie eenhede het tegelyk op die ramshorings geblaas, die kruike gebreek, in hulle linkerhande die fakkels gehou, en in hulle regterhande die ramshorings om daarop te blaas. Hulle het uitgeroep: " 'n Swaard van die Here en van Gideon!" - Rigters 7:20

SPELETJIES VANDAG

CTA