Sielsdinge

Stephan Joubert: Laat jou brein sweet

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

"Sweet my brein as ek hard dink?" wou 'n meisietjie weet. Goeie vraag. Dit behoort te sweet! Ons moet hard en aanhoudend dink. Ons moet die regte vorm en inhoud aan ons denke gee, anders smokkel dit met ons.

Ons brein is nie outomaties ons beste vriend nie.

Daarom herinner ek myself gedurig: "The brain has a mind of its own."

As ons nie ons kop onder die regte beheer van ons norme en innerlike oortuigings plaas nie, besluit dit vanself aan watter indrukke, emosies en gevoelens dit voorkeur gee.

Paulus sê in Efesiërs 4 ons mag nooit met pap koppe opgeskeep sit nie. In die taal van 2 Korintiërs 10 neem ons alle onwelkome gedagtes gevange. Ons konsentreer op emosies en gedagtes wat gesond, opbouend en reg is.

Ons verban sinlose en destruktiewe gedagtes uit ons koppe. Dit is harde, heeltydse werk. Ons brein gaan by wyse van spreke sweet as ons dit reg doen.

As ons egter getrou daarmee volhard, gaan ons die vrugte pluk van 'n nuwe kop, hart en lewe wat God se wil ken en doen.

Uit die Woord

Dit sê en bevestig ek dan in die Here: Julle moenie meer soos die heidene met hulle niksbeduidende gedagtes leef nie. - Efesiërs 4:17

Ook neem ons elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus. - 2 Korintiërs 10:5

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM