Sielsdinge

Stephan Joubert: Leef reg in die wêreld

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die wêreld om ons leef dikwels aan die hand van ander waardes en beginsels as ons.

Dit het tot gevolg dat sommige gelowiges uiteindelik kompromitteer. Ander onttrek weer en kritiseer alles en almal vanaf 'n "onbetrokke" afstand.

Die eerste Petrus-brief help ons met 'n baie beter roete. Petrus weet ons is slegs tydelike inwoners hier.

Nogtans stel hy dit duidelik dat ons met groot wys­heid en geloofstoewyding moet leef op elke plek waar ons ons bevind.

1 Petrus 2:13-17 bied 'n aantal belangrike padwysers hoe om reg te leef in enige geloof-onvriendelike wêreld.

Eerstens moet ons gehoorsaam wees aan daardie menslike instellings waarin ons ons bevind (vers 13). Ook moet ons deur ons goeie leefwyse al die skindertonge en kwaadpraters stilmaak (vers 15). Ons moet ons eie vryheid in die Here uitleef, maar ons mag dit nooit misbruik om verkeerd te doen nie (vers 16). Volgens vers 17 doen ons reg as ons alle mense respekteer.

En as ons medegelowiges liefhet. En as ons vir God groot ontsag het. En as ons leiers eer. - Stephan Joubert

Gedra julle goed onder die heidene, sodat hulle, wanneer hulle julle beswadder, asof julle misdadigers is, God op die dag van besoeking kan verheerlik, omdat hulle julle goeie dade gesien het. - 1 Petrus 2:12

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM