Stephan Joubert: Lees die tyd reg

Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Ons is geleer om op grond van oorsaak-gevolg-skemas te dink. "As ons dit of dat doen, sal die gevolge dit of dat wees." Sulke skemas werk egter nie meer nie, want ons leef in 'n holderstebolder wêreld waar dinge nie noodwendig per oorsaak-gevolg gebeur nie. Of logies op mekaar volg nie. Daar's net te veel onbekende faktore wat alles beïnvloed.

Ons moet versigtig wees vir politieke en godsdienstige doemprofete wat met verouderde oorsaak-gevolg-skemas werk. Hulle vertel tans vir almal watter moeilikhede wag al weer op ons. Wie weet hoeveel keer in die verlede was sulke "politieke kenners" verkeerd toe hulle die finale ondergang van Suid-Afrika met vers en kapittel aangekondig het. Of "Bybelkenners" wat die wederkoms se datum nogmaals aan die jongste wêreldkrisisse gekoppel het.

Nee, ons moenie blind wees vir dit wat rondom ons in die wêreld gebeur nie. Ons moet goeie tydlesers wees, soos die stam van Issaskar in 1 Kronieke 12:32. Ook moet ons fynkenners van God se handelinge en sy aanwesigheid in die wêreld wees. Dan is ons nie uitgelewer aan daardie oorsaak-gevolg-skemas en bangmaakstories waarmee doemprofete ons dreig nie. Ons is in die goeie hande van die Here.

Uit die Woord

Dit is die getalle van die manne wat ná 'n hoofdelike telling slaggereed was vir oorlog . . . uit die nageslag van Issaskar, kenners met insig in die tye, sodat hulle weet wat Israel moet doen . . . - 1 Kronieke 12:23 en 32

SPELETJIES VANDAG

CTA