Sielsdinge

Stephan Joubert: Loer reg in

Inloer.
Inloer. (Foto: Getty Images)

Mense is nuuskierig. Mense kyk mekaar uit. Mense wil weet. As iets slegs gebeur, wil almal weet wat fout gegaan het. As ’n ongeluk langs die pad plaasvind, ry almal stadiger om te sien wat aangaan.

Nou die dag kom ek opnuut agter hoe nuuskierig ons almal is toe ons met vakansie is en die persoon langsaan onbeskaamd by ons kamervenster inloer. Toe sy agterkom ek sien haar, het sy nonchalant weggestap asof niks gebeur het nie.

Ons loer graag by mekaar se lewens in. Kom ons doen dit minstens reg. Kom ons verander van nuuskierige inloerders in mense wat reg aandag gee aan mekaar soos wat die Here vra. Hy verwag van ons om meer te doen as om mekaar net raak te sien of aan mekaar te dink.

Ons moenie net vra hoe dit met mekaar gaan nie. Ons moet ook help dat dit goed gaan of dat dit minstens beter gaan in mekaar se lewens. In gewone taal gesê: Ons doen dit deur getrou en op die naam vir mekaar te bid. Ons doen dit deur te help waar ons kan. Ons vervang ons eie inloer-nuuskierigheid met regte daarwees en hulp.

Uit die Woord

Laat alles wat julle doen, in liefde geskied. – 1 Korinthiërs 16:14

CTA