Sielsdinge

Stephan Joubert: Los die lewe wat jy wou leef

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Baie van ons is tussen twee lewens vasgevang. Ek praat van daardie lewe wat ons graag wou geleef het versus die lewe wat ons tans leef. Daardie lewe wat ons graag wou leef, speel gedurig in ons kop af. Ons herinner onsself dikwels aan dwase keuses en verspeelde kanse wat verhinder het dat ons ons droomlewe leef. Ons worstel met innerlike verwyte oor verkeerde paaie wat ons aangedurf het, asook met gevoelens van vervreemding en verwerping wat sommige van ons keuses meegebring het.

Daardie lewe wat ons eintlik wou geleef het en wat steeds in ons binneste afspeel, moet ophou. Dit mag regtig nie ons reisgenoot op die pad vorentoe wees nie. Die dooie gewig daarvan op ons gemoed is veels te swaar. Ons moet Christus se vryspraak oor ons ganse lewe ernstig opneem. Hy het ons regtig met oop arms aanvaar. Hy doen dit steeds. Hy het al ons stukkende verhale met syne vervang. Die Here wil hê ons moet sy goedheid ken en ervaar. Dit moet van nou af die enigste egte verhaal in ons gedagtes en in ons lewe wees.

Uit die Woord

Ek vergeet die dinge wat agter is, en strek my uit na wat voorlê. Ek beur voort na die wenstreep, om in Christus Jesus die prys van God se roeping van omhoog te bekom. - Filippense 3:13-14

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM