Stephan Joubert: Morsige vrygewigheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Ons kan nie almal help wat in nood verkeer nie. Ons moet verantwoordelik omgaan met ons geld.

Nogtans krap die voorbeeld van daardie "morsige vrou" in Simon die Melaatse se huis (Matteus 26:6-13; Markus 14:3-9) gedurig aan my siel. Kort voor Jesus se kruisiging daag sy by 'n ete op. Dan gooi sy kosbare nardusolie oor Jesus se kop uit. Volgens Markus 14:5 was die waarde daarvan meer as 300 denarii, oftewel 18 maande se inkomste vir 'n gewone werker.

Almal behalwe Jesus is ontsteld oor haar vermorsing. Jesus kies om haar te verhef tot 'n tydlose voorbeeld van vrygewigheid. Hy kondig aan oral in die wêreld waar die evangelie bekend gemaak word, sal daar oor haar gepraat word. Hierdie dame sal orals onthou word vir haar "morsige" vrygewigheid.

Die tragedie is dat ons amper nêrens meer van hierdie vrygewige vrou hoor nie. Dit voel asof ons haar doodswyg met ons eie suinigheid. Ons praat eerder oor ons eie swaarkry en armoede.

Nogtans troon hierdie vrou steeds bokant al ons moedverlore stories uit. Sy kom herinner ons daaraan dat ons meer waagmoedig (morsig!) moet wees met dit wat ons ter hand het. Sy leer ons om reënmakers te wees eerder as droogte-instandhouers. Ons moet morsig wees met ons vrygewigheid in Jesus se nabyheid, al ontstel dit ander.

Kom ons onthou hierdie vrou weer deur te doen wat sy gedoen het. Dan onthou Jesus ons ook sommer baie beter.

Uit die Woord

Jesus het egter gesê: "Laat haar begaan! Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen . . . Amen, Ek sê vir julle: Oral in die wêreld waar die evangelie ook al verkondig word, sal daar, ter herinnering aan haar, vertel word van wat sy gedoen het." - Markus 14:6-9

SPELETJIES VANDAG

CTA