Stephan Joubert: ’n Beter plek is nou reeds hier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

"Ek gaan na 'n beter plek toe," sê die man.

"Wat, gaan jy sterf?" vra iemand anders.

"Nee, ek gaan emigreer," antwoord hy laggend.

Dit het my opnuut laat dink aan daardie gewilde opmerkings oor 'n beter plek. Mense sê mos graag dat hul geliefdes wat reeds gesterf het, op 'n beter plek is.

Van beter plekke gepraat: In die Bybel gaan dit nie heel eerste oor 'n beter plek wat vorentoe op ons wag nie. Dit gaan heel eerste oor Hom wat gesê het Hy is die Lig vir die wêreld. En wat gesê het Hy is die Goeie Herder. En Hy is die ware Wingerdstok.

Om Hom te ken en om saam met Hom te leef, is om nou reeds op 'n beter plek te wees. Dit is om nou reeds beter te leef. Dit is om nou reeds te deel in daardie lewe en oorvloed wat Hy vir ewig uitdeel. Dan hoef jy nie net te wag vir eendag nie. Of vir 'n ander land nie. O ja, ek praat van Jesus. Sy soort lewe hou vir altyd aan.

Uit die Woord

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. - Johannes 17:3

SPELETJIES VANDAG

CTA