Stephan Joubert: Naasteliefde is opofferend en sterk

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Dis maklik om te sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself, maar dis iets anders as jy elke dag tussen hulle leef. Nie alle "naastes" is ewe maklik nie. Hulle is nie aldag lekker mense nie. Of veilige mense nie. Of wyse mense nie.

Wat beteken dit prakties om jou naaste lief te hê? Moet jy almal maar net vat soos wat hulle is? Moet jy stilbly en maak asof jy nie die verkeerde dinge raaksien wat hulle aanvang nie?

Naasteliefde is nie 'n een-grootte-pas-almal-vrywaring aan ander nie. Liefde is nie 'n vroom goedvoelsousie wat maak asof niks verkeerd is as alles verkeerd is nie. Liefde verander jou ook nie in 'n passiewe slaansak nie. Of in 'n opinielose ontvanger van almal se moeilikheid nie. Die Here se liefde is soms tough, reguit en eerlik. Ja, dis selfloos en opofferend. Dit vergeef en maak boeke toe, maar nooit op blindelingse maniere nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie, maar dit ignoreer nooit die kwaad nie. Liefde laat jou praat. Dit laat jou uitstaan vir dit wat reg is, al kos dit jou duur.

Uit die Woord

'n Dienskneg van die Here moenie rusie maak nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig, geduldig, iemand wat teenstanders met sagtheid teregwys. - 2 Timoteus 2:24-25

SPELETJIES VANDAG

CTA