Sielsdinge

Stephan Joubert: Onbegryplik, maar . . .

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jerry Seinfeld verwys iewers na vreemde uitdrukkings wat Amerikaners graag gebruik, soos "life is life" en "it is what it is". Dit herinner my aan daardie onverstaanbare opmerking wat elke sportkommentator deesdae herhaaldelik gebruik: "They're asking questions of their opposition." Wat op dees aarde beteken dit?

Van onverstaanbaarhede gepraat - Paulus skryf in 1 Korintiërs 13:12: "Nou nog is dit asof ons in 'n dowwe spieël kyk. Ons verstaan nie alles nie. Die lewe is vol raaisels. Maar daar sal wel 'n dag aanbreek dat ons baie helder sal sien, van gesig tot Gesig! Nou nog verstaan ek net 'n klein bietjie. Maar eendag sal ek alles volledig verstaan, net soos wat God my volledig verstaan" (NNT).

Paulus sê nie hier dat ons niks oor God of oor die lewe kan weet nie, maar ons weet nie alles nie. Dit wat ons wel weet, én dit wat ons nie weet nie, maak ons nederig voor die Here. Tog weet ons genoeg om nou en vir altyd gelukkig en hoopvol voor die Here te leef.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM