Stephan Joubert: Oorleef jou wonde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Tyd sal genees, sê hulle. Inderdaad gebeur dit . . . soms! Maar soms gebeur dit nie. Tyd genees nie altyd daardie diep wonde wat deur traumatiese gebeure in ons binneste agtergelaat word nie. Dit verf 'n vernislaag daaroor sodat dit maar net lyk asof alles weer reg is.

Meer as tyd is nodig vir innerlike genesing. Bedoeling en wilskrag is nodig. Eerlikheid en deursettingsvermoë is nodig. Ons moet die innerlike wil hê om te herstel en om verder te groei. Dit kos waagmoed om weg te stap van ou wonde wat ons steeds innerlik gevange hou. Dit vra dapperheid om 'n lewe te kies wat nie omraam word deur versteekte gevoelens van verwerping of vernedering nie. Dit vereis eerlikheid om negatiewe herinneringe in die oë te kyk en vry te laat. Dan gebeur innerlike genesing.

Dan beleef ons konkreet hoedat die Here se nabyheid en ontferming ons vrymaak. Eers dan verander daardie diep wonde wat nie deur die tyd genees is nie in littekens. Terloops, al ons littekens sê ons het sterker gegroei. Dit sê ons het toe ons wonde oorleef!

Uit die Woord

Dit is Hy wat dié met gebroke harte genees, wat hulle wonde verbind. - Psalm 147:3

Maak my gesond, Here, en ek sal gesond wees. Verlos my, en ek sal verlos wees, want U is my lof. - Jeremia 17:14

Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

SPELETJIES VANDAG

CTA