Stephan Joubert: Op hoë plekke gaan ek veilig loop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Onbekende faktore soos die politiek, die ekonomie, klimaatstoestande en internasionale konflikte gaan vanjaar 'n groot invloed op ons almal se lewe uitoefen.

Hoe gemaak met alles wat op ons wag waaroor ons nie te veel beheer het nie?

Wel, Habakuk 3:19 help ons hier. In hierdie laaste woorde van sy profetiese boek sing Habakuk jubelend dat die Here sy voete verander het om soos dié van 'n ribbok te wees. Met ander woorde hy het bergklimvoete gekry. God het hom geleer hoe om op onbekende en gevaarlike plekke veilig te loop.

In 2024 het ek dit nie aldag reggekry om op veilige plekke veilig te loop nie, wat nog te sê op hoë plekke! Maar dis laas jaar se probleem wat ek presies daar in 2024 agtergelaat het. Vanjaar is 'n nuwe jaar. Ek durf dit gelowig aan in die Heer se Naam.

Vanjaar gaan ek saam met Habakuk 3:19 sing dat die Here my God vir my krag gee. Hy maak my voete ook soos dié van 'n ribbok. Op hoë plekke laat Hy my in 2025 veilig loop.

Uit die Woord

Die Here my God gee vir my krag, Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. - Habakuk 3:19

SPELETJIES VANDAG

CTA