Stephan Joubert: Span grensdrade rondom boelies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Boelies is veels te volop in die samelewing. Geen skool of beroep is deesdae gevrywaar van boelies nie.

Boelies put 'n behae daaruit om mense fisiek te teister en te verneder.

Digitale boelies is ewe wreed. Hulle kraak ander mense gedurig op sosiale media af deur spottende voorstellings en afbrekende opmerkings.

Godsdienstige gebied is helaas ook nie boelievry nie. Hier put boelies ook genot daaruit om mense liefdeloos uit te haal met hul eie verdraaide voorstellings van "die waarheid".

Hoe gemaak met boelies? Wel, hulle moet ontmasker word. Rapporteer hulle. Stuit hulle. Boelies mag nooit wegkom met hul skoktaktiek nie. Span ook duidelike grensdrade rondom hulle op sosiale media. Blokkeer hulle op elke moontlike sosialemediaplatform.

In die kerk moet boelies ook geen lugtyd gegun word nie. Swyg hulle tjoepstil. Onthou, boelies is ongure mense. Moenie enige interaksie met hulle hê nie. Bly uit hul pad.

Bring al jou tyd saam met opbouende mense deur. Deel die Here se goedheid ruim met ander. Laat almal in jou eie nabyheid beleef dat sy liefde veilig en genesend is.

Uit die Woord

"Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie." - Deuteronomium 31:6

SPELETJIES VANDAG

CTA