Sielsdinge

Stephan Joubert: Tevredenheid nie teiken wat skuif

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Om tevrede te wees, is moeilik. Die rede: Tevredenheid word gewoonlik verbind met ons eindelose behoeftes, of soos wat ons dit in Engels sê, met al ons wants and needs. Solank ons alles het wat ons hart begeer, is ons tevrede. As ons dit nie het nie, leef ons in on-vrede.

'n Ewe groot oorsaak van ontevredenheid is dat die meeste besittings spoedig hul tevredenheid-waarde verloor. Daardie "tevredenheid gewaarborg"-aanspraak op enigiets verstryk gou. Skaars het ons daardie nuwe selfoon of voertuig gekry of 'n nuwe model trek al weer ons hart se aandag.

Tevredenheid is 'n verskuiwende teiken, totdat ons dit op 'n ander plek soek én vind. Tevredenheid wat verband hou met daardie tot vrede kom met God en onsself is om tot ware rus te kom. Om Hom as die Bron van alle goedheid te ontdek en te ken, is om sielerus te vind. Jesus se woorde in Johannes 10:10, dat Hy gekom het om lewe en oorvloed te gee, word dan 'n ervaarbare werklikheid in ons eie lewe. Dan is regtig voltyds tevrede.

Uit die Woord

"Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." - Johannes 10:10

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM