Stephan Joubert: Trek reg aan

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
“Let op die wilde narsings . . .” Foto: Getty Images
“Let op die wilde narsings . . .” Foto: Getty Images

In my kinderdae moes ons gereeld hoor ons trek ons beste aan as ons kerk toe gaan.

Later het ek besef wat skort met hierdie redenasie. Eerstens stel dit die kerk gelyk aan Sondae se eredienste, waar die Here blykbaar meer aanwesig sou wees as elders in die week. Tweedens het niemand ooit gevra met watter klere Jesus na óns toe gekom het nie.

Wel, wat was in Jesus se aardse klerekas? Paulus antwoord hierop in Filippense 2 as hy sê Jesus het in die voorkoms van 'n slaaf tussen ons opgedaag. Lukas 2 vertel ook Jesus se eerste aardse rusplek was 'n voerbak vir diere. Dit was nie 'n spesiaal ontwerpte krip nie, dit was skape se voerbak waaraan hul reuk nog gekleef het.

Hierna het Jesus in nederigheid in 'n agterlike dorpie genaamd Nasaret grootgeword. Hy het regtig nie in koninklike gewade tussen ons opgedaag om gedien te word nie. Hy het gekom om ons te dien.

Die Bybel sê wat die regte kleredrag is wat ons nou moet dra. Paulus beskryf dit in Kolossense 3:12 (NNT): "Julle is sy geliefde kinders. Trek dan vir julleself daardie nuwe klere van innige medelye en deernis aan. Trek ook goedheid en hulpvaardigheid aan. En nederigheid. En sagtheid. En geduld."

Uit die Woord

"En waarom is julle oor klere bekommerd? Let op die wilde narsings, hoe hulle groei. Hulle swoeg nie en hulle spin nie. Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie." - Matteus 6:28-29

SPELETJIES VANDAG

CTA