Sielsdinge

Stephan Joubert: Verstaan geloofstaal reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Possible use for association or volunteer community. Voluntary assistance cone. Expression of joy. Voting or election concept. Community of multi-ethnic and multicultural people. Racial equality. Cooperation and friendship between people. Families of parents, children, young people who volunteer.
Possible use for association or volunteer community. Voluntary assistance cone. Expression of joy. Voting or election concept. Community of multi-ethnic and multicultural people. Racial equality. Cooperation and friendship between people. Families of parents, children, young people who volunteer. (Illustrasie: Getty Images)

Koinonia (as naamwoord én werkwoord) is ’n bekende geloofsterm. Gewoonlik word dit vertaal met geloofsgemeenskap.

Dit word in die Nuwe Testament gebruik om ons verbintenis aan God te verwoord. In 1 Johannes 1:6 staan byvoorbeeld as ons sê ons beleef koinonia met God – dit wil sê as ons sê ons leef in ’n hegte verhouding met Hom – maar ons leef in die duisternis, dan lieg ons.

Koinonia benadruk ook dat ons aan Jesus se lyding deel het (Filippense 3:10; 1 Petrus 4:13) en dit verwoord die onderlinge saamwees van gelowiges (Handelinge 2:42). Een prominente Bybelse gebruik van koinonia word egter dikwels misgekyk. Minstens agt keer word dit verbind met gelowiges se onderlinge vrygewigheid.

Die aangrypende is dat hierdie vorm van koinonia nie afhanklik is van fisieke nabyheid aan mekaar nie. Gelowiges wat byvoorbeeld hul harte en hande oopmaak vir gelowiges ver van hulle af, beleef meteens onderlinge koinonia in Romeine 15:26-27 en 2 Korintiërs 9:13.

Geloofsgemeenskap of koinonia word vandag eintlik net ingeperk tot fisieke samesyn gedurende kerkdienste Sondae. Die Bybel gebruik dit baie wyer. Ons geloof is as sodanig koinonia met die Here. Ons vrygewige leefwyse teenoor diegene wat naby en ver is, is as sodanig ook koinonia.

Uit die Woord

So word julle in elke opsig verryk, om in alles vrygewig te wees, en dit loop deur ons bemiddeling uit op danksegging aan God. Want die hulp van hierdie bediening voorsien nie net in die heiliges se behoeftes nie, maar lei ook tot ’n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God. Op grond van die bewys wat deur hierdie diensbetoning gelewer word, verheerlik hulle God oor julle gehoorsaamheid aan julle belydenis van die evangelie van Christus, en oor die vrygewigheid van julle bydrae aan hulle en aan almal. – 2 Korinthiërs 9:11-13

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM