Stephan Joubert: Waarom sê ons ‘geseënde Kersfees’?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

In hierdie dae sê mense graag aan mekaar: "Geseënde Kersfees." Jy en ek sê dit dalk ook.

Wat wens ons mekaar toe as ons dit aan mekaar sê? Ons wil tog nie iets sê bloot net omdat almal om ons dit sê nie. Ons wil nie 'n paar niksseggende mooi woordjies kwytraak omdat dit die regte ding is om te doen nie.

Hoekom juis dan "geseënde Kersfees"?

Wel, daar's een baie goeie rede­ daarvoor - Jesus! Hy is die rede vir ons fees. Hy self gee betekenis en inhoud aan Kersfees - aan ons soort Kersfees. Soos wat ek dit graag aan myself in Engels sê: "Jesus is the reason for the season!"

Kersfeestyd is feesviertyd, want ons jubel en juig oor sy goeie aankoms hier tussen ons.

In hierdie dae is ons opnuut dankbaar en bly oor die koms van die ware Lig na ons wêreld. As ons dus aan mense sê: "Geseënde Kersfees", nooi ons hulle uit om saam met ons te kom feesvier oor die koms van die Vredeskind.

Ons weergawe van "geseënde Kersfees" spreek eintlik 'n seënbede oor elke aanhoorder daarvan uit. Ons wens hulle die vreugdevolle teenwoordigheid van Christus toe.

Ons spreek die wens uit dat hulle sy nabyheid sal ken en ervaar.

Ons bid dat sy vrede in hul lewe sal triomfeer. En dat hierdie tyd se Kersfees-vreugde in dieselfde asem ook sal oorspoel na elke ander dag in hul lewe.

SPELETJIES VANDAG

CTA