Toets

Hierdie is toets 2

Claudine Shiels
Claudine Shiels (Foto: Verskaf)

Die toekoms van die verhoor van twee bejaarde mans wat in die 1970’s glo twee minderjarige meisie gemolesteer het, hang in die weegskaal.Die jongste verwikkeling in die historiese saak van twee susters, wat ná meer as 50 jaar geregtigheid soek, het Donderdag aan die lig gekom in die streekhof in Wynberg.

Hierdie is ‘n tussenkop

Die Springbokke en Engeland het in 2018 laas in Suid-Afrika kragte gemeet. Die Bokke het die eerste twee toetse in Johannesburg en Bloemfontein gewen, en die Engelse het in die derde kragmeting in die Kaap geseëvier. Foto: Gallo Images
Die Springbokke en Engeland het in 2018 laas in Suid-Afrika kragte gemeet. Die Bokke het die eerste twee toetse in Johannesburg en Bloemfontein gewen, en die Engelse het in die derde kragmeting in die Kaap geseëvier. Foto: Gallo Images (Gallo Images)

Die twee beskuldigdes het na bewering die twee susters, Claudine Shiels (65) en Lisa van der Merwe (61), van 1974 tot 1979 verskeie kere seksueel gemolesteer.Die susters het toestemming gegee dat hul identiteit bekend gemaak word omdat hulle meen dit is in belang van die saak.Komende Desember sou die beweerde oortredings 51 jaar gelede plaasgevind het, en hulle kon in 2018, danksy die geskiedkundige Frankel 8-uitspraak, die aanklagte aanhangig maak.

LEES MEER | Toets

Voor die Frankel 8-uitspraak was verkragting en gedwonge verkragting (soos gedwonge pornografie) die enigste seksuele misdade wat nie ’n verjaringstydperk van 20 jaar vir vervolging gehad het nie.In 2018 het die wysigingswet in Suid-Afrika in werking getree wat met die verjaringsklousule weggedoen het.

Kassie

Hierdie is ‘n kassie

AanklagteDie twee beskuldigdes, nou onderskeidelik 76 en 81 jaar oud, staan elk tereg op twee aanklagte van “onsedelike aanranding” (soos dit destyds genoem is) vir die beweerde oortredings.In April vanjaar is die saak tot 25 September vir verhoor uitgestel.

Die hof het die saak ook vir 26, 29 en 30 September op die hofrol geplaas. Netwerk24 verneem nog getuies sal bygevoeg word in die saak. Na verwagting sal die twee beskuldigdes skuld op die aanklagte ontken.Die beskuldigdes was veronderstel om te pleit, maar weens gesondheidskwessies het dit nie gebeur nie.

As gevolg daarvan kan hul identiteite nog nie bekend gemaak word nie.GeregtigheidDie dade is luidens die klagstaat tussen 1974 en 1979 gepleeg. Die susters veg sedert 2018 om geregtigheid, met die beskuldigdes wat nog heeltyd die klagstaat betwis.Die beskuldigdes het dieselfde jaar vir die eerste keer in die hof verskyn en is aangekla ingevolge die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), wet 32 van 2007, saamgelees met art. 58, art. 59 en art. 60 van 2018.Die staat sê art. 69 van die wet stel hom in staat om die artikels op dié saak van toepassing te maak.Aansoeke in hooggeregshof, appèlhof, konstitusionele hofDie beskuldigdes het dié artikel betwis deur opeenvolgende aansoeke in die hooggeregshof in Kaapstad, die appèlhof in Bloemfontein en toe voor die konstitusionele hof in Johannesburg te bring.Die konstitusionele hof het in November egter bevind die vermeende molesteerders moet en kan 50 jaar ná die beweerde mishandeling steeds vervolg word.September 2025Donderdag het net een van die beskuldigdes voor streeklanddros Vanessa Miki verskyn.Die ander beskuldigde, die ouer een van die twee, was nie teenwoordig toe die saak geroep is nie.Leon van der Merwe, wat vir die ouer beskuldigde optree, het ’n mediese sertifikaat by die hof ingedien, waarna hy gesê het sy kliënt is nie geskik om te reis nie. Hy woon in ’n ander provinsie en is glo verlede week in die hospitaal opgeneem.Hy ly aan hartkwale en het al drie omleidings gehad.Die staat het bevestig Van der Merwe het hulle verlede week al in kennis gestel van die situasie, maar het egter steeds die hof gevra om ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uit te reik.Van der Merwe het Miki versoek om, indien die lasbrief uitgereik word, dit oor te laat staan tot die volgende verskyningsdatum.Die partye het ooreengekom dat die saak uitgestel word tot 8 Oktober en dat die lasbrief tot dan oorgehou word.Miki het haar kommer oor die saak uitgespreek en gesê luidens die mediese sertifikaat het die dokter geen aanduiding gegee of die beskuldigde dan in die hof sal kan wees nie.Sy het ook gevra hoe dié gesondheidskwessies die toekoms van die verhoor sal beïnvloed in die sin of dit in die volgende ses maande sal begin.Van der Merwe het saamgestem en bevestig dit is die probleem waarmee hulle tans sit en dat hy met sy kliënt se dokter sal konsulteer om dié kwessie aan te pak.Adv. Reuben Liddell, wat vir die jonger beskuldigde optree, het geen beswaar teen die uitstel gehad nie.Miki het die lasbrief laat oorstaan en die saak tot 8 Oktober uitgestel vir die ouer beskuldigde om by die hof te wees.

CTA