Partyleiers trek hul kruisies

Pres. Cyril Ramaphosa en ander leiers van politieke partye het Woensdag almal in hul onderskeie stemdistrikte gaan stem.

Pres. Cyril Ramaphosa stem. Foto: Felix Dlangamandla
Pres. Cyril Ramaphosa stem. Foto: Felix Dlangamandla

Ramaphosa het kort ná 11:00 by die Hitekani Primary School in Soweto aangekom waar hy gaan stem het. Ná die tyd het hy gesê hy is nederig oor die groot opkoms by die skool.

"Daar is 'n goeie atmosfeer. 'n Atmosfeer van demokrasie. Dit wys ons mense is ná 25 jaar steeds 'n nasie wat oorloop van vertroue en is steeds opgewonde om te kan stem."

Mmusi Maimane, DA-leier, het vroegoggend by die Presbiteriaanse kerk in Dobsonville, Soweto, saam met sy familie gestem.

"Dit is 'n historiese oomblik. Dit is belangrik dat ek hier in Soweto gestem het om hoop vir die toekoms van ons land uit te spreek."

Julius Malema, EFF-leier, het by die Mponegele Primary School in sy tuisdorp Seshego in Polokwane gestem. Hy het Suid-Afrikaners wat in groot getalle gekom het om hul demokratiese reg uit te oefen, bedank.

Dr. Pieter Groenewald, Vryheidsfront Plus-leier, het sy stem uitgebring by die Laerskool Driefonteine in Stilfontein, Noordwes.

Bantu Holomisa, UDM-leier, het op sy beurt by die Primêre Skool Arcadia in Pretoria gestem.

Patricia de Lille, leier van die Good-party, het by die Primêre Skool Pinelands in Kaapstad gestem.

Mosiuoa Lekota, Cope-leier, het by die Flavius Mareka-TVET-kollege in die Constantia-township in die Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad) gestem.

Mmusi Maimane by die stembus. Foto: Raymond Willemse
Mmusi Maimane by die stembus. Foto: Raymond Willemse
Julius Malema en sy vrou, Mantwa, kom by hul stemlokaal aan. Foto: Marietie Louw-Carstens
Julius Malema en sy vrou, Mantwa, kom by hul stemlokaal aan. Foto: Marietie Louw-Carstens
Dr. Pieter Groenewald stem. Foto: Susan Cilliers
Dr. Pieter Groenewald stem. Foto: Susan Cilliers

SPELETJIES VANDAG

CTA