’n Nuwe legende op die blok vir Hilux se 55 jaar in SA
Dis moeilik om te glo, maar twee dekades het reeds verbygeflits sedert die bekendstelling van die eerste spesiale Legend-model in die immergroen Toyota Hilux-reeks.
Tayron: Tiguan met hope lyf
Hoewel plaaslik nuut, is Volkswagen se nuwe Tayron se voorganger reeds sedert 2018 in China gebou (deur FAW-VW) en daar bemark.
Foton se trokkie ’n sakpas werkesel
In China is hierdie klein 1.5-ton trokkies feitlik oral, maar veral in kleiner stede en meer landelike gebiede, te sien. En nou het die Chinese vervaardiger Foton sy klein maat-pas (of is dit nou pasmaat?) trokkie, die TM3, oftewel Truck Mate, plaasl
Nog maskara vir die Navara
Kort na die bekendstelling van die Australies-ontwikkelde Pro-4X Warrior spesialis-model het Nissan Afrika nou die Stealth-naam in die Navara-reeks laat herleef, ses jaar nadat die oorspronklike Navara Stealth stilweg op die toneel verskyn het.
Waantoe? Stofpad-toe met hierdie Sorento!
Die subtiel opgeknapte vierdegeslag Sorento, wat nou plaaslik beskikbaar is, dien volgens Kia Motors Suid-Afrika as voorloper vir ’n reeks opwindende nuwe modelle van die Suid-Koreaanse vervaardiger– waaronder die Carens-veeldoeler, die Syros kompakt
Fris GX baan nuwe weg vir Lexus in sportnuts-mark
Uiteindelik. Die Lexus waarvoor almal nou al jare voor vra, en die model wat ’n hoognodige spelwisselaar vir die Japannese weeldevervaardiger behoort te wees, is hier.
Chinese wil al hoe e-vinniger in SA
Uit ’n onlangse besoek aan die 21ste internasionale Sjanghai-motorskou in China en die Omoda- en Jaecoo-fasiliteite in Wuhu, was dit daglig-duidelik dat die vervaardigers Omoda en Jaecoo hul nuwe-energie-strategie in Suid-Afrika wil versnel.
Omoda sit ’n bietjie Lambo in jou stadsgerigte sportnuts
Die Chinese groep Omoda het sy nuwe, futuristies gestileerde en kompakte C3-sportnuts kort ná afloop van die internasionale Sjanghai-motorskou in Wuhu, China, tuiste van die Chery-groep (waarvan Omoda deel vorm), aan besoekende joernaliste gewys.
Ry rus-rus in jou Transit-bus
In Brittanje is wit bestelwaens net so volop soos wit Hiluxe (of is dit nou Rangers?) in Suid-Afrika, en dit het gelei tot die eg-Britse, half-beledigende “wit bestelwa-man” (white van man) beskrywing vir dié algemene verskynsel.









