(Lewer sowat 50 porsies)
- 1,5 kg uie (sowat 12), gekerf
- 125 ml (½ k) olie
- 125 ml (½ k) mielieblom
- 250 ml (1 k) suiker
- 1,5 liter (6 k) wynasyn
- 190 ml (¾ k) matige kerriepoeier
- 90 ml (6 e) borrie
- 45 ml (3 e) fyn koljander
- 45 ml (3 e) fyn kaneel
- 45 ml (3 e) fyn komyn
- 60 ml (4 e) sout
- 500 ml (2 k) blatjang
- 500 g droë-appelkose, geweek in water
- 12 - 15 kg vleis sonder been (skaap, kalf en vark), in blokkies gesny
- 45 ml (3 e) sout
- 25 ml (5 t) peper
1. Smoor uie in warm olie.
2. Maak die mielieblom en suiker aan met 250 ml (1 k) van die asyn.
3. Voeg speserye, blatjang en appelkose by die uie en roer 3 minute oor matige hitte.
4. Voeg orige asyn by en bring op kookpunt. Voeg mielieblommengsel by en roer tot dit weer kook.
5. Laat afkoel en gooi oor die blokkies vleis. Roer goed sodat alle vleis met sous in aanraking is. Marineer 2 - 3 dae lank in 'n koel vertrek. Roer dit elke dag om.
6. Ryg blokkies vleis so op sosatiepenne dat daar vet en maer blokkies vleis en appelkose op elke pen is. Strooi sout en peper oor.
7. Braai oor gloeiende kole tot bruin en gaar.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















