Bewaarders van ’n stedelike wildlewe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die verhale van pasiënte wat by die Johannesburg Wildlife-hospitaal behandel word, is soms vreemder as fiksie, vertel die drie vroue wat die direkteure van die hospitaal is. Hanri Wondergem het gaan besoek aflê.

Die drie direkteure van die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal is Elna Pretorius, Wendy Willson en dr. Karin Lourens. Foto's: Deaan Vivier
Die drie direkteure van die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal is Elna Pretorius, Wendy Willson en dr. Karin Lourens. Foto's: Deaan Vivier

In die geharwar van die hos­pitaal hoor jy gereeld hoe iemand­ "Dokter K" roep om raad te gee. Dr. Karin Lourens is die foendi na wie vrywilligers en ander veeartse draai as dit kom by die behandeling van stedelike wildlewe.

Lourens het in 2002 as veearts­ gekwalifiseer en is wêreld­wyd bekend vir die ongelooflike werk wat sy met ieter­magogs doen.

Sy het in 2020 haar meestersgraad voltooi in "die normale verwysingsintervalle vir kliniese chemie en hematologie in Temminck se pangoline". Sy is die medeskrywer van verskeie boeke oor dié bedreigde spesie.

Lourens vertel sy was sewe jaar gelede genoodsaak om meer oor ietermagogs te leer.

"Ek het niks van hulle geweet nie. Eendag het iemand my 'n pangolin gegee en ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek kon niemand vra nie. Niemand in Afrika wou my help nie."

Sy het toe na kenners in Asië uitgereik wat met die Chinese ietermagogs werk.

"Hulle het my gehelp en geleer waar om die drup te sit en daardie soort dinge."

Sy vertel dat sy steeds leer oor dié diere. "Hoe meer jy met hulle werk, hoe meer besef jy hoe min jy van hulle weet."

Lourens het 'n seun (14) en 'n dogter (10). "Hulle groei maar so saam met die hospitaal," sê sy.

Lourens is onlangs deur die internasionale nieregeringsorganisasie Worldwide Vets benoem vir 'n toekenning vir haar werk in die Johannes­burg Wildlife-dierehospitaal.

Edgar Allan Crow is 'n witborskraai wat 'n ruk gelede in die hospitaal behandel is en daarna vrygelaat is. Maar hy keer aanhoudend terug en is nou 'n permanente inwoner wat kom en gaan soos hy wil. Personeel vertel dat hy van "blink dinge" hou en dat geen teelepel of naald naby hom veilig is nie.

"Die geheime wêreld van kleiner wilde wesens word dikwels­ oor die hoof gesien terwyl mense vir die bewaring van groter, meer enigmatiese diere soos olifante en renosters veg. Maar die groter diere het die kleiner diere soos slange, vlermuise en uile nodig om die ekostelsel in stand te hou."

Lourens sê sy het nie 'n gunstelingdier nie, maar sy het 'n sagte plekkie vir nagapies, dassies en natuurlik ieter­magogs.

Wendy Willson het diep spore in onder meer die polisiediens en Dierebeskermingsvereniging getrap voordat sy haar in 2022 by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal aangesluit het.

Sy is veral kundig in die opsporing, onderskepping en vervolging van mense wat hulle skuldig maak aan dieremishandeling en dié wat betrokke is by georganiseerde misdaad soos die onwettige handel in diere.

In 2018 is die Vroue in Wetstoepassing-prys vir heldemoed aan haar toegeken vanweë haar toewyding en dade van dapperheid in die bekamping van geweldsmisdaad teen diere.

Een van vier brulpaddas wat by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal behandel word.
Een van vier brulpaddas wat by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal behandel word.

Sy het in 2022 as die bedryfshoof en die hoof van regskwessies by die dierehospitaal aangesluit.

"En intussen skep ons die presedent vir strafregtelike vervolging in diere-sake."

Dassies is Willson se hart se punt. "Hulle is so sassy en slim en so aanpasbaar. En 'n mens kan hulle omkoop met grondboontjiebotter en ek is gróót op grondboontjiebotter."

Skilpaaie "wat regtig swaarkry in aanhouding" het ook 'n spe­siale plek in haar hart.

In haar vrye tyd lees Willson wetenskaplike artikels. "Maar ek bly basies hier by die hospitaal."

Sy wys na die yskas met die woorde "for the humans" daarop geplak. "Daar is iets vir almal om te eet in daardie yskas."

'n Waterlikkewaan.Foto: Johannesburg wildlewe-hospitaal
'n Waterlikkewaan.Foto: Johannesburg wildlewe-hospitaal

"Nie in daardie een nie," terg sy, knipoog en beduie na die yskas met die woorde "carcass freezer" daarop geplak.

Elna Pretorius was in 2008 een van die stigters van Columinate, 'n maatskappy wat digitale marknavorsing doen. In 2018 is die maatskappy verkoop.

Toe sy die sakewêreld vaarwel roep, het sy ingespring om haar vaardighede in marknavorsing, die skakelwese en bemarking in te span om 'n positiewe verskil te maak - eers by Reach For A Dream en nou by die dierehospitaal.

"Ek red elke dag lewens deur nie 'n veearts te wees nie," sê Pretorius laggend. Hoewel sy baie lief vir diere is, werk sy nie direk met hulle nie. "Ek help meer aan die besigheidskant."

Die werk wat Lourens met ietermagogs doen, was ál oortuiging wat Pretorius nodig gehad het om by die hospitaal betrokke te raak.

"Ek droom steeds daarvan om een (ietermagog) in die natuur te sien. Hulle is vir my so majestueus."

En vandat sy by die hospitaal betrokke is, sien sy en haar twee kinders baie meer gereeld die stedelike wildlewe raak en waardeer dit op die landgoed waar hulle woon.

‘Sy sit vir die hadida 'n drup in."

Dis iets wat 'n mens nie sommer in die alledaagse lewe sal hoor nie, maar hier by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal is dit niks ongewoons nie.

Hierdie hadida kan nog nie vlieg nie en het iewers in 'n tuin in Johannesburg uit sy nes geval. Nou sterk hy, saam met talle ander "medium en klein" diere, in dié hospitaal aan.

Die hospitaal het sy deure in 2017 geopen en is aan die buite­wyke van die stad in Glenferness (naby Midrand) geleë. Die plek is enig in sy soort, met die pasiënte wat almal geklassifiseer word as "stedelike wildlewe".

'n Krimpvarkie.Foto: Johannesburg wildlewe-hospitaal
'n Krimpvarkie.Foto: Johannesburg wildlewe-hospitaal

Johannesburg is immers een van die wêreld se grootste stede­like oerwoude en, hoewel meestal ongesiens, is kleiner wildlewe volop. En dit net sedert 2017 toe die hospitaal sy deure oopgemaak het. Maar kragdrade, troeteldiere met skerp tande en druk verkeer is ook volop en bedreig dié diere daagliks. Dan is daar ook stropers en booswigte wat handel dryf met hierdie weerlose diere. Die diere wat dit oorleef, eindig in die hospitaal, waar hulle behandel, gekoester, versorg en uiteindelik weer vrygelaat word.

Hier is altyd 'n veearts aan diens, maar Lourens is nie net 'n veearts nie. Sy is een van die stigters van die hospitaal en dien as een van drie direkteure.

"Ek het al meer as 300 verskillende inheemse spesies hier behandel," vertel Lourens.

"Dis meer as 13 000 verskillende soorte diere," voeg Wendy Willson, nog 'n direkteur, by terwyl sy verby draf om te hoor wie (en met wat) wag by die hek.

Dan stap die derde direkteur, Elna Pretorius, nader.

"Kom ek gee vir julle 'n toer terwyl hulle vir Basil gaan haal," sê sy en beduie na Willson en Lourens.

Bekyk jy vir Basil, verstaan jy hoekom daar soms na sy spesie as "begrafnisondernemer-voëls" verwys word.

Basil is 'n maraboe, 'n groot waadvoël in die familie van ooievaars met swart, mantelagtige vlerke, wit bene en 'n koddige klossie vere op die kop, wat her­inner aan 'n bejaarde man se grys-wit hare.

Basil het in Limpopo met kragdrade kennis gemaak en sy vlerk gebreek. Ná twee maande in die hospitaal is hy gereed om vrygelaat te word - maar eers kry hy 'n toestel op sy rug sodat sy bewegings met telemetrie dopgehou kan word.

Basil hou vandag al die werk­nemers (ook die vrywilligers van so ver as Kanada) druk besig.

"Arme ou Basil," laat Pretorius van haar hoor.

"Hy gaan nou sulk," sê Lourens.

"Hy is maar 'n sensitiewe siel," voeg Willson by.

'n Mens kan die deernis in hul stemme hoor. Vir elke dier word daar tyd gemaak en omgegee. Want met die intrapslag besef jy dat die hospitaal werklik 'n miernes van bedrywighede is (hoewel miere nie tans pasiënte hier is nie).

Twee borde hang teen die muur met besonderhede van die pasiënte en hul behandeling daarop.

Hier lees jy dat die hospitaal tans verskeie slange (soos die rinkhals met die verband om sy lyf), brulpaddas, vlei-, gras- en nonnetjiesuile en verskeie ander voëls, 'n krimpvarkie, likkewane, dassies, 'n vlermuis, verskeie skilpaaie, 'n streepmuishond, 'n rooikat en selfs twee nylkrokodille behandel.

"Hier was aardvarke, nagape, otters, ietermagogs, muise, rotte, akkedisse en sulke soort diere ook," vertel Pretorius.

‘Vreemde akkedis'

Elke dag by die hospitaal is 'n avontuur. " 'n Mens weet nooit wat deur die deure gaan kom nie," sê Willson. "In die oggend bel iemand dalk en vertel daar is 'n vreemde akkedis in sy swembad - en as ons daar kom, sien ons dis 'n krokodil. In die middag moet ons 'n dassie uit 'n bakkie se enjin haal. En dan bel die polisie en sê daar word 'n ietermagog-klopjag uitgevoer en ons moet ons gereed maak."

Vreemde dinge, vreemde diere, elke dag.

Om "die ouvolk" te behandel was tot dusver vir Lourens 'n hoogtepunt. Dis 'n soort akkedis wat in die Vrystaat voorkom.

"Hulle is 'n erg bedreigde spesie. Hulle word ook sonkykers (in Engels sungazers) genoem, want dis wat hulle doen - hulle sit heeldag met hul kop in die lug na die son gedraai," sê Lourens. Nog 'n naam vir hulle is skurwejantjies.

Die slange wat gered is uit die huis in die Vrystaat van Marius Joubert, wat onlangs dood is nadat hy met opset sy hande in twee hokke met giftige slange gedruk het, is ook hierheen gebring.

"Meer as 60 van hulle," vertel Lourens. "Hulle sterk goed aan."

Om in die stad te woon en jou tuin met wildlewe te deel, is 'n voorreg. "Wees trots en gelukkig oor en tevrede met die diere waarmee jy jou agterplaas deel. Dis so spesiaal," sê Willson. "Maak die voëlbad vol. Laat die dassie toe om aan jou spekboom te kou. Geniet hulle. Leef saam met hulle."

Maar wat is die grootste foute wat Johannesburgers maak as dit by stedelike wildlewe kom?

"Om hulle in hokke te wil hou," antwoord Willson. "Al word dit goed bedoel - wilde diere hoort in die natuur."

"Mense wil alles onmiddellik red," voeg Lourens by. "En dan wil hulle alles onmiddellik met Pronutro voer. Waar kom mense daaraan? Dis so sleg vir diere."

Lourens se raad?

"Bel ons en vra wat jy moet doen. Partykeer kom help die ouers van die kuiken wat uit die nes val en dan moet mense liefs nie inmeng nie. 'n Baba-muskeljaatkat se ma sal hom kom haal. Moet hom eerder nie die verkeerde kos gee nie. Moenie net Google nie, bel as jy onseker is."

Onkunde en verskillende kulturele oortuigings is ook 'n stok in die wiel vir die bewaring van stedelike wildlewe, vertel Lourens.

Doen jou deel

"Die hospitaal is afhanklik van mense se goedheid," sê Pretorius en verduidelik dat die diere gratis behandel word.

Van 'n regeringstoelae is daar nie sprake nie en korporatiewe finan­siering en skenkings van individue hou die deure oop.

"Gemeenskapsfinansiering. Elke­ bietjie help," sê Pretorius.

Die hospitaal het egter nie net finansiële steun nodig nie.

"Ons help met die redding, mediese behandeling, vrylating en dan ook met vervolging wanneer daar wette oortree word of diere mishandel is," sê Willson.

"Ons het prokureurs nodig vir die hofsake. Ons voertuie moet versien word en bande en petrol kry. Dalk is daar sosialemediakenners of fotograwe wat betrokke wil wees. Of mense wat vir die diere fisioterapie kan gee. Gebreide nessies vir die voëls help altyd. So as iemand dink hulle kan op enige manier help, bel ons net en hoor."

Boonop word die perseel so 'n bietjie knap namate die pasiënte al hoe meer word.

Die vroue hoop om die hospitaal in so 'n mate uit te brei dat dit as 'n wêreldklas-gerief beskou word waar veeartse, veeartsenykundestudente en verpleegsters opgelei kan word om spesifiek met medium en klein stedelike wildlewe te werk.

Lourens en Willson het albei elle­lange CV's wat getuig van hul kundigheid met diere. Pretorius ken die sakekant. En saam vorm die drie 'n gedugte span wat nie wegskram van enige pasiënt nie - of dit nou 'n akkedis of 'n krokodil is!

Dr. Karin Lourens (middel) medestigter en hoofveearts van die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal, behandel 'n jong hadida saam met Jaan Nathoo­ ('n student aan Onderstepoort) en Ashley Mars ('n vrywilliger van Kanada).

‘Dr. K' en haar ietermagogs

In die geharwar van die hos­pitaal hoor jy gereeld hoe iemand­ "Dokter K" roep om raad te gee.

Dr. Karin Lourens is die foendi na wie vrywilligers en ander veeartse draai as dit kom by die behandeling van stedelike wildlewe.

Lourens het in 2002 as veearts­ gekwalifiseer en is wêreld­wyd bekend vir die ongelooflike werk wat sy met ieter­magogs doen.

Sy het in 2020 haar meestersgraad voltooi in "die normale verwysingsintervalle vir kliniese chemie en hematologie in Temminck se pangoline". Sy is die medeskrywer van verskeie boeke oor dié bedreigde spesie.Lourens vertel sy was sewe jaar gelede genoodsaak om meer oor ietermagogs te leer.

"Ek het niks van hulle geweet nie. Eendag het iemand my 'n pangolin gegee en ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek kon niemand vra nie. Niemand in Afrika wou my help nie."Sy het toe na kenners in Asië uitgereik wat met die Chinese ietermagogs werk.

"Hulle het my gehelp en geleer waar om die drup te sit en daardie soort dinge."Sy vertel dat sy steeds leer oor dié diere.

"Hoe meer jy met hulle werk, hoe meer besef jy hoe min jy van hulle weet."Lourens het 'n seun (14) en 'n dogter (10).

"Hulle groei maar so saam met die hospitaal," sê sy.Lourens is onlangs deur die internasionale nieregeringsorganisasie Worldwide Vets benoem vir 'n toekenning vir haar werk in die Johannes­burg Wildlife-dierehospitaal.

"Die geheime wêreld van kleiner wilde wesens word dikwels­ oor die hoof gesien terwyl mense vir die bewaring van groter, meer enigmatiese diere soos olifante en renosters veg. Maar die groter diere het die kleiner diere soos slange, vlermuise en uile nodig om die ekostelsel in stand te hou."

Lourens sê sy het nie 'n gunstelingdier nie, maar sy het 'n sagte plekkie vir nagapies, dassies en natuurlik ieter­magogs.

Wendy Willson het diep spore in onder meer die polisiediens en Dierebeskermingsvereniging getrap voordat sy haar in 2022 by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal aangesluit het.

Sy is veral kundig in die opsporing, onderskepping en vervolging van mense wat hulle skuldig maak aan dieremishandeling en dié wat betrokke is by georganiseerde misdaad soos die onwettige handel in diere.

In 2018 is die Vroue in Wetstoepassing-prys vir heldemoed aan haar toegeken vanweë haar toewyding en dade van dapperheid in die bekamping van geweldsmisdaad teen diere.

Sy het in 2022 as die bedryfshoof en die hoof van regskwessies by die dierehospitaal aangesluit.

"En intussen skep ons die presedent vir strafregtelike vervolging in diere-sake."

Dassies is Willson se hart se punt. "Hulle is so sassy en slim en so aanpasbaar. En 'n mens kan hulle omkoop met grondboontjiebotter en ek is gróót op grondboontjiebotter."

Skilpaaie "wat regtig swaarkry in aanhouding" het ook 'n spe­siale plek in haar hart.

In haar vrye tyd lees Willson wetenskaplike artikels. "Maar ek bly basies hier by die hospitaal."

Sy wys na die yskas met die woorde "for the humans" daarop geplak. "Daar is iets vir almal om te eet in daardie yskas."

"Nie in daardie een nie," terg sy, knipoog en beduie na die yskas met die woorde "carcass freezer" daarop geplak.

Elna Pretorius was in 2008 een van die stigters van Columinate, 'n maatskappy wat digitale marknavorsing doen. In 2018 is die maatskappy verkoop.

Toe sy die sakewêreld vaarwel roep, het sy ingespring om haar vaardighede in marknavorsing, die skakelwese en bemarking in te span om 'n positiewe verskil te maak - eers by Reach For A Dream en nou by die dierehospitaal.

"Ek red elke dag lewens deur nie 'n veearts te wees nie," sê Pretorius laggend. Hoewel sy baie lief vir diere is, werk sy nie direk met hulle nie. "Ek help meer aan die besigheidskant."

Die werk wat Lourens met ietermagogs doen, was ál oortuiging wat Pretorius nodig gehad het om by die hospitaal betrokke te raak.

"Ek droom steeds daarvan om een (ietermagog) in die natuur te sien. Hulle is vir my so majestueus."

En vandat sy by die hospitaal betrokke is, sien sy en haar twee kinders baie meer gereeld die stedelike wildlewe raak en waardeer dit op die landgoed waar hulle woon.

Wendy Willson, bedryfshoof en hoof van regskwessies by die dierehospitaal, met haar gunstelingdier, 'n dassie.
Wendy Willson, bedryfshoof en hoof van regskwessies by die dierehospitaal, met haar gunstelingdier, 'n dassie.

Wendy het 'n hart vir wildlewe

Wendy Willson het diep spore in onder meer die polisiediens en Dierebeskermingsvereniging getrap voordat sy haar in 2022 by die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal aangesluit het.

Sy is veral kundig in die opsporing, onderskepping en vervolging van mense wat hulle skuldig maak aan dieremishandeling en dié wat betrokke is by georganiseerde misdaad soos die onwettige handel in diere.

In 2018 is die Vroue in Wetstoepassing-prys vir heldemoed aan haar toegeken vanweë haar toewyding en dade van dapperheid in die bekamping van geweldsmisdaad teen diere.

Sy het in 2022 as die bedryfshoof en die hoof van regskwessies by die dierehospitaal aangesluit.

"En intussen skep ons die presedent vir strafregtelike vervolging in diere-sake."

Dassies is Willson se hart se punt.

"Hulle is so sassy en slim en so aanpasbaar. En 'n mens kan hulle omkoop met grondboontjiebotter en ek is gróót op grondboontjiebotter."

Skilpaaie "wat regtig swaarkry in aanhouding" het ook 'n spe­siale plek in haar hart.In haar vrye tyd lees Willson wetenskaplike artikels.

"Maar ek bly basies hier by die hospitaal."

Sy wys na die yskas met die woorde "for the humans" daarop geplak.

"Daar is iets vir almal om te eet in daardie yskas."

"Nie in daardie een nie," terg sy, knipoog en beduie na die yskas met die woorde "carcass freezer" daarop geplak.

Elna Pretorius, een van die direkteure van die dierehospitaal, met een van die pasiënte, 'n piepklein skilpad.
Elna Pretorius, een van die direkteure van die dierehospitaal, met een van die pasiënte, 'n piepklein skilpad.

Elna laat al die somme klop

Elna Pretorius was in 2008 een van die stigters van Columinate, 'n maatskappy wat digitale marknavorsing doen.

In 2018 is die maatskappy verkoop.

Toe sy die sakewêreld vaarwel roep, het sy ingespring om haar vaardighede in marknavorsing, die skakelwese en bemarking in te span om 'n positiewe verskil te maak - eers by Reach For A Dream en nou by die dierehospitaal.

"Ek red elke dag lewens deur nie 'n veearts te wees nie," sê Pretorius laggend.

Hoewel sy baie lief vir diere is, werk sy nie direk met hulle nie.

"Ek help meer aan die besigheidskant."

Die werk wat Lourens met ietermagogs doen, was ál oortuiging wat Pretorius nodig gehad het om by die hospitaal betrokke te raak.

"Ek droom steeds daarvan om een (ietermagog) in die natuur te sien. Hulle is vir my so majestueus."

En vandat sy by die hospitaal betrokke is, sien sy en haar twee kinders baie meer gereeld die stedelike wildlewe raak en waardeer dit op die landgoed waar hulle woon.

SPELETJIES VANDAG

CTA