Reistoerusting: Veeldoelige verkykers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gettyimages.com
Foto: Gettyimages.com

Hoe kies jy 'n verkyker?

Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met syteleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne"binokulêre teleskoop" is eers in 1854 deur 'n ander Italianer, Ignazio Porro,gepatenteer.

Vandag is daar honderde verkykers om van te kies, met pryse wat wisselvan "oulike verjaardaggeskenk" tot "goeie genugtig".

Hoe kies 'n mens dus?

Die naam van die verkyker (Zeiss, Swarovski, Leica) gaan jou dalk eersteopval, maar reg langsaan die modelnaam is twee stelle syfers wat deur 'n xgeskei word - byvoorbeeld 10x42. Die syfer voor die x dui die vergrotingsvermoëaan - die laksman op die boomtak wat so stip vir 'n sprinkaan staar, lyk 10keer nader as wat jy hom met die blote oog kan sien. Die 42 beteken jouverkyker se voorwerplens is 42mm wyd.

Hoe groter jou lensdeursnee, hoe meer lig word ingelaat en hoe helderderis jou beeld. Jy wil nie veel kleiner as 8x en x34 koop nie. Hoe groter diesyfers, hoe swaarder dra jy en hoe stiller moet jy die verkyker hou om 'n skerpbeeld te kry.

Ons fokus spesifiek op 10x42's, die veeldoelige impakspelers wat jy opsafari kan saamdra en waarmee jy jou voëlkyklysie gaan afmerk.

Bushnell Legend 2.0 10x42

Hierdie Amerikaanse maatskappy verkoop omtrent so baie verkykers sooswat Toyota wêreldwyd Corollas verkoop. Die kanse is goed jou eerste verkykergaan 'n Bushnell wees. Nie net omdat dit goedkoper is as al die ander verkykersnie, maar omdat dit werklik goeie waarde vir geld bied.

Die Legend is onlangs opgedateer, met 'n nuwe, ligter onderstel watgemakliker in jou hande pas. Dit is waterbestand (dit word etoets deur dieverkyker vir 30 sekondes 'n meter diep onder die water te dompel); dus gaan 'nonverwagte reënbui dit nie skade berokken nie.

Dis dalk effe swaarder en nie so skerp soos die duurder ouens nie, maardis perfek vir 'n beginner met 'n beperkte begroting.

Prys R3 695 by https://www.outdoorphoto.co.za/bushnell-legend-2-10x42-binoculars-blackoutdoorphoto.co.za

Nikon Monarch M5 10x42

Nikon is welbekend vir sy uitstekende kameras; dis beslis 'n maatskappywat weet hoe om met optiese glas te werk. Sy reeks Monarch-verkykers het deur die jare heen met rede 'n goeiereputasie onder voëlkykers opgebou. Dis 'n fieterjasielose verkyker, kleiner enligter as die meeste 10x42's.

Tog voel dit stewig in die hand, met 'n huls wat met rubber gepantser isom teen stampe agterop 'n wildkykvoertuig bestand te wees. Nikon dompel boonopsy verkykers vir 'n volle tien minute onder water om waterdigtheid te toets.

Ons hou van die lekker wye en skerp gesigsveld, en die gladde fokusknopwaar-mee jy vinnig 'n swewende geelbekwou teen die blou lug kan vind.

Prys R7 495 by https://www.ormsdirect.co.za/products/nikon-monarch-m5-10x42-binoculars?_pos=1&_psq=Nikon+Monarch+M5+10x42&_ss=e&_v=1.0ormsdirect.co.za

Zeiss Terra ED 10x42

Tot onlangs sou die goedkoopste Zeiss 10x42 'n R20 000-hap uit jou spaarrekeninggevat het. Sy fantastiese Victory-model kos byvoorbeeld amper R50 000. Maar met die Terra hetdie ikoniese Duitse maatskappy besluit om sy kundigheid (en reputasie) tot 'nintreevlak-verkyker aan te wend.

En die Terra is 'n wenner in sy prysgleuf -klein en kompak met bogemiddelde skerpheid in die middel van jou gesigsveld,asook 'n vinnige en gladde fokus.

Dit voel sommer soos 'n gehalteproduk wat lekker knus teen jou oë sit.En jy kan fyn brag dat jou verkyker 'n Zeiss is. Niemand hoef te weet hy'tminder as R10 000 gekos endat jy hom op Takealot gekoop het nie!

Prys R8 999 by https://www.takealot.com/zeiss-terra-ed-10x42-binoculars-grey-524204-9907-000/PLID90841154takealot.com

Steiner Skyhawk 4.0 10x42

Dié Duitse maatskappy het ná die Tweede Wêreldoorlog begin naam maakdeur verkykers vir die Bundeswehr (die hedendaagse Duitse weermag) tevervaardig. Vandag word sy optiese produkte deur militêre magte reg oor dieaardbol ingespan in van die taaiste toestande denkbaar.

Jy mag hulle maar glo as hulle sê een van hulle verkykers is water-,wasem- én skokbestand.

Die Skyhawk lyk, voel en ís taai. Jy kan hom hoog in die Drakensbergsesneeu tot in die Namib gebruik, in temperature wat wissel van -20 °C tot 70 °C. En met sy optiese vermoënsskort daar niks nie.

Die feit dat jy die een oomblik na 'n olifant 'n kilometer ver kan kyk, omdan blitsvinnig op 'n skoenlapper op 'n blom 2 m van jou af te fokus, ismerkwaardig.

Prys R10 524 by https://safarioutdoor.co.za/bino-steiner-skyhawk-4-0-10x42.htmlsafarioutdoor.co.za

Leica Trinovid 10x42 HD

Daar was 'n tyd, doer in die 1970's, toe die Leica Trinovid waarskynlikdie beste verkyker in die wêreld was. Maar ander vervaardigers het bygekom, enLeica self het met die bekendstelling van sy Ultravid-reeks vroeg hierdie eeudie ou staatmaker tot op die agterste rakke verban.

Maar die Ultravid 10x42-vlagskip kos meer as R40000, en Leica het besef daaris 'n gaping in die mark om 'n nuwe Trinovid teen die helfte van die prys teverkoop. Maar dit beteken nie die Trinovid is net die helfte so goed nie!

Hierdie is 'n uitstekende verkyker: Die voorwerp in fokus is helder,skerp en in sterk kontras met die agtergrond. Ergonomies kan 'n mens ook niefout vind nie. Hierdie is 'n hoëimpakspeler wat gemaklik meeding met verkykerswat veel meer kos.

Prys R23 195 by https://www.ormsdirect.co.za/products/leica-10x42-trinovid-hd-binocular?_pos=1&_psq=Leica+Trinovid+10x42&_ss=e&_v=1.0ormsdirect.co.za

Swarovski 10x32 AX VISIO

In die wêreld van verkykers, skyn die naam Swarovski helderder as al dieander. As jy gelukkig genoeg is om 'n groen Swarovski by die plaaslike dam sevoëlskuiling teen jou oë te plaas, sal jy aanvoel hoe die koppe in jou rigtingdraai... amper om soos om met 'n Lamborghini by die Killarney-renbaan op tedaag op die dag wat al die Citi Golfs teen mekaar jaag.

Die NL 10x42 kos 'n raps meer as R70 000. Moet eerder nie deur homkyk as jy hom nie kan bekostig nie - dit gaan jy jou kykplesier met enige anderverkyker net bederf. Die beeld is klokhelder en skerp, met geen dowwe randenie.

Maar net toe jy dink dit kan nie beter nie, het Swarovski 'n nóg groterkroonarend in die hoenderhok losgelaat.

Dié se naam is die AX Visio, die eerste verkyker om KI (kunsmatigeintelligensie) te gebruik om met die druk van 'n knoppie die voëls en dierewaarna jy kyk, te identifiseer. Jy kan selfs die verkyker gebruik om foto's envideo te skiet wat jy met 'n app op jou foon met ander mense kan deel.

Die Visio is pas bekend gestel en ons kan nie wag om hom te toets nie,al kos hy 'n kleinhoewe se prys.

Prys R100 690 by https://safarioutdoor.co.za/shooting/optics/binoculars/bino-swarovski-ax-visio-10x32.htmlsafarioutdoor.co.za

Weg se voëlkenner, Faansie Peacock, sê:

• 'n Mens kan 100 resensies aanlyn lees, maar op die ou einde moet jyself voel en vat om te kyk watter verkyker vir jou werk. Maak seker hy issterk, stewig en waterdig en gaan nie sommer met die eerste valslag breek nie.Ek het eenkeer my verkyker 20m ver geslinger toe 'n perdeby my onverwags steek; en hulle telkemale alop die kar se dak vergeet. 'n Verkyker se natuurlike habitat is om jou nek ofop die kar se dash - nie in 'n sakkie in 'n laai nie. Maak ook seker datdie fokus lekker vinnig en glad is. Minimum fokusafstand is ook belangrik - kykof jy jou eie tone in fokus kan kry!

• Ek gebruik 'n Zeiss Victory SF 8x32 (R40 800). Hy is lekker klein enlig: Ek sloeg altyd met hope toerusting rond as ek veldwerk doen, en wil nienog 'n baksteen om my nek ook hang nie. Die kleiner vergroting gee my 'n baiegroot uitsig, en ek dra in elk geval 'n Zeiss Harpia-teleskoop rond as ek nognader wil kyk.

• Om 'n goeie verkyker te koop is om soos 'n bril te kry as jy halfblindis: Dit maak 'n hele nuwe wêreld vir jou oop! Jy belê direk in jou sintuie, endus ook hoe jy die omgewing rondom jou ervaar. As jy dus kan, moet jy maaropdok vir 'n goeie een. Ek is doodgelukkig met my Zeiss - ek verlaat nooit diehuis sonder hom nie, want jy weet nooit wanneer daai mega gaan oorvlieg nie!

SPELETJIES VANDAG

CTA