- 750 ml - louwarm water
- 15 ml - aktiewe droë gis
- 250 ml - semels
- 4 x 250ml - Beaumont-klipgemaalde volgraanmeel
- 45ml melassesuiker of 90ml heuning
- 15 ml - sonneblomolie
- 100 ml - sesam-, sonneblom- en papawersaad (of meer as jy wil)
- 15 ml - sout
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 'n groot broodpan en besprinkel dit met meel.
2. Los 5 ml suiker in 250 ml louwarm water op, sprinkel dit oor die droe¨ gis en laat staan op 'n warm plek totdat skuim bo-op vorm. Meng die semels, meel, suiker of heuning, olie, saad (hou 'n hand vol uit om bo-oor te strooi), sout en die res van die suiker in 'n bak.
3. Maak 'n holte in die droe¨ mengsel en giet die gismengsel daarin. Gebruik 'n houtlepel vir die mengslag en voeg soveel van die oorblywende water by as wat die meel sal absorbeer. Sit die deeg in die voorbereide pan. Bedek en laat rys vir sowat 30 minute of tot die deeg die pan vol lê. Sprinkel die hand vol saad oor en bak die brood vir sowat 60 minute tot goudbruin en gaar.
Die Beaumonts maal hul eie koring in 'n gerestoureerde watermeul en verkoop die gesogte meel op die plaas. Hou hul Facebook-blad dop vir beskikbaarheid.















