Eier-en-ham-muffins met 4 bestanddele

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 5 ml - olyfolie
  • 12 - of meer snytjies ham, dun gesny (ons het swartwoudham gebruik)
  • 2 - eiers
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • - vars basilieblare

Oondtemperatuur: 180°C

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n bietjie olyfolie in die holtes van 'n 12-muffinpan. Voer elke holte uit met 'n snytjie ham - laat die ham effens oor die rand van elke holte lê.

2. Breek 'n eier in elke holte en geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper.

3. Bak vir 15-20 minute of tot die eier gestol is en van die kante begin wegtrek. Haal uit die oond en laat dit vir sowat 5 minute staan voordat dit versigtig uitgekeer word. Garneer met vars basilieblare en sit dit warm of teen kamertemperatuur voor.

Sonja Jordt

SPELETJIES VANDAG

CTA