Kos + wyn

Maak jou eie Weet-Bix-beskuit

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 470g - (840 ml) koekmeel
  • 420g - (750 ml) volkoringmeel (nutty wheat, of gebruik steengemaalde meel)
  • 10 - koekies Weet-Bix, fyngemaal in voedselverwerker
  • 50ml - bakpoeier
  • 10ml - sout
  • 10ml - koeksoda
  • 500g - (625 ml) suiker
  • 500g - botter
  • 500ml - karringmelk
  • 2 - eiers
  • 10ml - asyn

Verhit oond tot 180 °C.

Spuit drie panne van 30 x 20 cm goed met kleefwerende kossproei.

Meng al die droë bestanddele saam in 'n groot mengbak.

Smelt botter oor lae hitte.

Haal van hitte af en roer karringmelk by.

Klits eiers by karringmelkmengsel in en voeg asyn by.

Meng met droë bestanddele tot 'n klam, hanteerbare deeg vorm.

Verdeel deeg tussen panne en druk gelyk.

Gebruik 'n skerp mes en sny beskuitporsies in die rou deeg - jy kan self besluit hoe groot.

Bak vir 35-40 minute of tot goudbruin en gaar.

Laat effens afkoel en keer uit.

Verhit oond tot 60 °C.

Sny die beskuit los waar jy dit met die mes gemerk het.

Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en plaas 'n afkoelrakkie bo-op.

Pak beskuit op rakkie en plaas in oond vir 3-4 uur of tot uitgedroog.

Herman Lensing bygestaan deur Estèe Skein