Kos En Wyn

Pienk toffieappels

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michael le Grange
Foto: Michael le Grange
  • 14 - sosatiestokkies (of enige ander stokkies van jou keuse)
  • 14 - pienk appels (Pink Lady)
  • 500g - (625 ml) suiker
  • 100g - sakkie glukosepoeier (kyk by apteek)
  • 125ml - water
  • 30g - botter
  • 10ml - pienk voedselkleursel

Ons maak ons toffieappels pienk vir hierdie uitgawe wat die kleur in al sy skakerings vier. Pienk appels is ook minder soet as rooi appels.

Steek 'n sosatiestokkie in elke appel.

Plaas suiker, glukose en water in 'n middelslag-pot.

Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos het.

Verhit tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop 150 °C op 'n suikertermometer wys, sowat 10-12 minute (sien wenk onder).

Voeg botter en kleursel by en meng met 'n houtlepel tot ingemeng.

Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stokkie as handvatsel te gebruik.

Plaas op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is.

Laat afkoel tot hard.

Wenk

As jy nie 'n suikertermometer het nie, toets só: Ná 10 minute se kook, laat 'n klein druppel van die stroop in yswater val. Dis reg as dit 'n harde balletjie vorm wat soos glas lyk.

Herman Lensing, bygestaan deur Estèe Skein

CTA