RESEP | Franseroosterbrood-wafels in 20 minute

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 8 - snye rosyntjiebrood
  • 60 ml - Nutella-sjokoladesmeer
  • 3 - eiers
  • 125 ml - melk
  • 5 ml - suiker
  • 2–3 - piesangs, gesny
  • - versiersuiker vir voorsit

1. Smeer 4 snye rosyntjiebrood met die sjokoladesmeer en bedek dit met die ander 4 snye. Klits die eiers, melk en suiker saam.

2. Verhit jou wafelpan tot die liggie afskakel en spuit met kleef­werende kossproei. Doop nou die sjokoladetoebroodjies een vir een in die eiermengsel tot goed bedek en braai dit in die wafelpan tot gaar. (In 'n klein wafelpan sal jy dalk net een op 'n slag kan maak, maar dis binne minute gaar - en groot pret.) Alternatiewelik kan jy dit in 'n gewone pan braai.

3.Herhaal met al die broodjies, sny in kwarte, pak skyfies piesang bo­op en sif versiersuiker oor. Al wat nou kort, is 'n lekker koppie boeretroos.

SPELETJIES VANDAG

CTA