Kos + wyn

Geurige koue gnocchi-pasta met bronkors

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
  • 80g - sak bronkors (watercress)
  • 100g - g-sak pietersielie
  • 100g - sak okkerneute
  • 60ml - olyfolie
  • - sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 45ml - heuning
  • 100ml - water
  • 100g - parmesaankaas, fyngerasper
  • - sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500g - pakkie gnocchi

Plaas bronkors, pietersielie, neute, olyfolie, sap en skil van suurlemoene, heuning en water in voedselverwerker.

Pols by hoë spoed tot gladde mengsel.

Voeg parmesaan by en pols weer.

Proe en geur met sout en peper.

Maak gnocchi gaar volgens aanwysings op pak en dreineer.

Voeg by pesto en meng deur.

Sit voor.

Herman Lensing | FOTO Michael le Grange

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM