Kos + wyn

5-minuut-gnocchi

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
gnocchi
gnocchi

Foto's Ed O'Riley

Onder R120

Genoeg vir 2 ruim porsies

Voorbereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 8 minute

  • 500g klaar bereide gnocchi
  • 'n groot klont botter
  • 125ml sondroëtamatie-pesto
  • 2 mediumgroot ryp pruimtamaties, in blokkies gesny
  • 30ml room of suurroom
  • 80ml grofgeskeurde vars basilieblare
  • 60ml fyn parmesaankaas

1. Bring 'n pot soutwater tot kookpunt en voeg die gnocchi by. Terwyl dit kook, verhit 'n klein pan en smelt die botter. Voeg die pesto en tamatieblokkies by en braai.

2. Skep die gnocchi wat op die water begin dryf met 'n gaatjieslepel uit in die pan met die pesto. Herhaal tot al die gnocchi in die pan is.

3. Voeg die room by die panmengsel, roer deur en verhit tot warm. Verwyder dadelik van die hitte, roer die basilie en parmesaan by en sit voor met lekker varsgerasperde swartpeper. As jy wil, kan jy gerookte hamstukkies byvoeg.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM