- - 300 g pampoen, in blokkies gesny
- - 45 ml olyfolie
- - 6 takkies salie, fyngekap
- - 600 g gnocchi
- - 4 eiergele
- - 250 ml room
- - 5 ml neutmuskaat
- - 225 g chorizo, in skywe gesny
- - 100 g pekanneute, fyngekap
- - 200 g mozzarellakaas, gerasper
- - sout en vars gemaalde swartpeper
Verhit die lugbraaier tot 180 °C op die airfry-funksie.
1. Plaas die pampoen in die lugbraaiermandjie, en sprinkel die olyfolie en salie oor. Braai 15 min. of tot die pampoen sag maar nie pap is nie.
2. Maak intussen die gnocchi gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer in 'n vergiettes.
3. Klits die eiergele, room en neutmuskaat saam.
4. Plaas die gaar pampoen en gnocchi saam met die chorizo in 'n bak wat in die lugbraaier pas. Giet die eiermengsel oor.
5. Strooi die neute en kaas oor en geur goed met die sout en peper.
6. Plaas in die lugbraaier en bak 10-15 min. of tot goudbruin.




















