Kos + wyn

LEKKER | Ons maak suurlemoenblokkies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 250g - botter, sag
  • 180ml - versiersuiker
  • ’n knippie sout
  • 625ml - meel
  • VULSEL:
  • 750ml - strooisuiker
  • gerasperde skil van 3 suurlemoene
  • 250ml - varsuitgedrukte suurlemoensap
  • 8 - eiers, teen kamertemperatuur
  • 125ml - meel

1. Voor jy begin met die kors, meng die vulsel se suiker, suurlemoenskil en -sap saam en laat eenkant staan. Die sap laat smelt solank die suiker.

2. Voorverhit die oond. Room die botter en versier-suiker saam tot gemeng. Voeg die sout en meel by en klits tot net gemeng. Voer 'n bakplaat (22 x 35 cm) met bakpapier uit en druk die deeg in 'n enkellaag daarin vas. Prik oraloor met 'n vurk en bak vir 25 minute tot mooi ligbruin.

3. Klits die eiers, suiker-suurlemoenmengsel en meel saam tot net gemeng en glad. Giet oor die gebakte kors, verlaag die oondtemperatuur tot 160°C en bak verder vir nog 30 minute. Dit is 'n goeie idee om die pannetjie halfpad deur die gaarmaaktyd om te draai.

4. Laat heeltemal afkoel en sit in die yskas vir 'n paar uur tot koud. Sny in blokkies ('n klam mes werk goed), sif versiersuiker oor en smul. Hou enige oorblywende blokkies in die yskas.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM