- 30 ml - olyfolie
- 4 - hoenderfilette
- 4 - dik skywe mozzarellakaas
- 4 - takkies tiemie
- 8 - groot, ryp pruimtamaties, in wiggies gesny
- 1 - klein rooi ui, in dun skyfies gesny
- 45 ml - olyfolie, plus ekstra vir afronding
- 15 ml - balsemiekasyn
- 125 ml - broodkrummels
- 125 ml - parmesaankaas
- - sowat 300g spaghetti, gaargemaak
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny 'n keep van punt tot punt in die onderkant (nie die gladde bo-kant nie) van elke hoenderfilet en vou dit effens oop. Geur met sout en peper en sit 'n skyf mozzarella en 'n tiemietakkie in elke gleuf. Pak die filette op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met olyfolie gesmeer is.
2. Rangskik die tamaties en uie rondom die hoender en sprinkel met die olie en asyn.
3. Meng die krummels en parmesaankaas en strooi 'n lagie oor elke hoenderborsie. Bak nou vir sowat 25-30 minute of tot die hoender deurgaar en bros is.
4. Roer die tamaties en uie en al die pansappe in die bakplaat deur die gaar spaghetti, geur met sout en peper en klam aan met ekstra olyfolie indien nodig. Sit dit saam met die hoender voor.















