Patats, spek, dadels en heuning: Vier bestanddele, een heerlike bykos

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 2 - groot oranje patats, in 1 cm-wiele gesny
  • 200 g - repiespek, fyngekap
  • 6 - dadels, ontpit en fyngekap
  • 2 eetlepels - heuning
  • ½ koppie - botter
  • 1 - lourierblaar (vars of gedroog)

Só maak jy

1 Kook die patatwiele in water tot sag maar nie pap nie. Dreineer en hou dit eenkant.

2 Braai die spek in 'n groot vuurvaste pan tot bros. Roer die dadels en heuning by en roerbraai alles saam tot gekaramelliseer. Hou die storie fyn dop, want die suiker laat dit maklik brand.

3 Smelt die botter by die pan.

4 Rangskik die patatwiele in 'n enkellaag in die pan, voeg die lourierblaar by, en braai die patat omdraai-omdraai tot stroperig en gekaramelliseer. Sit dit warm voor. ('n Lepeltjie crème fraîche op die warm skyfies is baie lekker!)

Ry & Sleep sê

Dié speksous is ook heerlik in aspatatbeursies saam met 'n lekker hompie sagte kaas.

Johané Neilson | Foto: Ed O’Riley

SPELETJIES VANDAG

CTA