- 15ml - olyfolie
- 1 - ui, gekap
- 2 - selderystingels, gekap
- 3 - knoffelhuisies, gekap
- 2cm - vars gemmer, gekap
- 1 - groen brandrissie, gekap
- 5ml - matige kerriepoeier
- 15ml - vars pietersielie, gekap
- - gerasperde skil van een suurlemoen
- 30ml - botter
- 15ml - olyfolie
- 600g - ferm wit vis, in happiegroot blokkies gesny
- 600g - mossel- en steurgarnaalvleis, gestoom
- 2g - 400 g heel tamaties, gekap
1. Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol. Soteer die ui en seldery oor matige hitte tot sag en totdat die groente begin verkleur. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissie by en roerbraai vir nog 'n minuut.
2. Voeg nou die kerriepoeier, tamaties en hul sap, pietersielie en suurlemoenskil by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit stadig sonder 'n deksel prut vir sowat 10 minute. Verwerk tot glad met 'n staafmenger. Dié stap is opsioneel, maar gee 'n weelderige tekstuur.
3. Verhit die botter en olie in 'n skoon pan en braai die blokkies vis tot net gaar. Roer die res van die seekos by, verhit tot warm en roer dit dan by die tamatiesous. Geur na smaak met sout, peper en, as jy wil, nog 'n strooisel vars kruie. Geniet dadelik met rys, of vars brood om in die sous te doop.






