Paasfees-lekkernye: 9 heerlike geregte vir jou buitelug-ete

(Foto: Getty Images)

Pestogevulde lamsboud

Wanneer jy iets wil voorsit wat jou gaste se monde sal laat oopval, is dié meneer van ’n lamsboud net die ding. Die resep bewys dat ’n ketelbraai veel meer kan as net tjoppies en wors kan braai!

Heuning-en-siderlamsribbetjie

Heuning-en-siderlamsribbetjie
Heuning-en-siderlamsribbetjie (Foto: Ed O'Riley)

Dié heerlik taai ribbetjies het net die regte balans van warm, soet en pikante geure.

Lamsblad met knoffel en feta

Jou gaste gaan gaande wees oor hierdie vleisgereg. Die groot geheim is dat jy dit met sorg oor lae hitte gaarmaak.

Bruinrysslaai

Wanneer jy ’n slaai soek wat net ewe tuis is by ’n elegante ete as by ’n luukse piekniek, bied hierdie geurige rysslaai met geroosterde amandels en koljander die perfekte balans van tekstuur en smaak – plus dit hou vier dae lank in die yskas, wat dit ideaal maak vir vakansietye.

Botterskorsie met dadels en spek

Wanneer jy ’n groentedis soek wat selfs die mees uitgesproke vleiseter sal bekeer, vul hierdie gebraaide botterskorsie met spek en dadels vir die perfekte soet-en-sout-kombinasie – wie sê ’n bykos kan nie die kollig steel by ’n vleisgereg nie?

Feestelike beetslaai

Beet en lam is mos goeie pasmaats. En wanneer jy dit kombineer met vars aarbeie, gekrummelde fetakaas en grondboontjiekraaklekker op een bord, kry jy ’n slaai wat lyk soos kuns!

Gestoomde mielieblikbroodjies

Hierdie gestoomde brood is ’n gunsteling en glad nie so moeilik om te maak as wat ’n mens dink nie. Die broodjies kan die aand voor die tyd gestoom word en net weer so in die koppies oor die kole warmgemaak word.

Platbroodjies

Dié ongesuurde platbroodjies kan direk op die rooster of in ’n warm, droë pan gebraai word. Braai dit eers as almal al met hulle borde nader staan.

Karringmelk-mieliebrood

Hierdie mieliebrood met kersietamaties bewys dat trooskos en kuierkos baiekeer een en dieselfde is!

Aletta Lintvelt

SPELETJIES VANDAG

CTA