RESEP | Vye met bloukaas en ham

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 12 - ryp vye
  • 12 - repies panchetta of swartwoudham
  • 1 - houertjie (200 g) bloukaasgegeurde roomkaas
  • - ciabattabrood om voor te sit

1 Sny 'n kruisie in elke vy en draai 'n repie rokerige ham om elkeen. Pak hulle in 'n groot vuurvaste pan of in individuele pannetjies.

2 Smelt die kaas in 'n potjie en giet dit oor die vye.

3 Sorg dat daar genoeg brood is om die sous in die pannetjie op te vee. Jy kan ook die vye eers oor die kole of onder die roosterelement sit vir 'n bietjie kleur. Ek hou van 'n paar draaie varsgemaalde swartpeper oor die vye, maar dis opsioneel.

WENK

As jy nie bloukaasgegeurde roomkaas in die hande kry nie, smelt gewone roomkaas met gekrummelde bloukaas na smaak. As jy nie van bloukaas hou nie, kikker die roomkaas op met gekrummelde feta

SPELETJIES VANDAG

CTA