Ouerskap

Peuter-nuusbrokkies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Eet en mors? Geen probleem!

Messy Little Eaters is 'n waterdigte mat vir die vloer wat jy onder jou kind se eet­stoel­tjie kan plaas. Dit maak skoonmaaktyd baie makliker, want jy kan die mat afskud of met 'n jammerlappie afvee. Jy kan dit selfs in die wasmasjien stop as die gemors regtig erg was. Dis 138 cm wyd en kos R205 by takealot.com. En onthou, jy ondersteun 'n anderSA ma wanneer jy een koop, want Messy Little Eaters is 'n plaaslike onderneming.

Rokkies wil sy dra!

Bederf jou dogtertjie met 'n blomrokkie. Annapatat Kids se Flower Garden Dress kos R400. Koop by www.shopannapatatkids.co.za ofbesoek die winkel by die Soko-distrik in Johannesburg se Rosebank Mall.

Stropie teen die stres

As jou kleinding se gedrag skielik verswak het, is die oorsaak moontlik stres, nie stoutigheid nie. Verhoogde stres weens die pandemie raak nie net volwassenes nie. Kinders voel dit ook aan. Tibb se Stress-Away-stroop kan help, veral ook met kalmte en beter slaappatrone. Dis geskik vir kinders vanaf ses maande oud. R164,95 by Dis-Chem en Clicks.

Leer luister met Lingi

'n Afrikaanssprekende knuffeldier! Wat 'n lekkerte! Lingi die beer kan 4 000 woorde sê en sing. Hy's kleurryk en sag en sorgvuldig uitgedink deur Bertha Lewis, 'n spraaktaalterapeut.

As jy op Lingi se bruin neusie druk, sê hy: "Dit is my bruin neus" en as jy die rooi borduurwerk op sy voet druk, sê hy: "Dit is my rooi voet, wys my waar is jou voete." Lingi het agt ingeboude knoppies op verskeie plekke op sy lyf en elke knoppie kan drie keer gedruk word om byvoorbeeld 'n kleur of liggaamsdeel uit te wys, 'n dieregeluid te maak, 'n liedjie te sing of 'n rympie of storie te vertel.

Lingi groei ook saam met jou kind. Hoe? Deur sy voete gelyktydig te druk. Dis hoe hy een jaar oud word en sy woordeskat pas dan by wat jou peuter van daardie ouderdom die meeste behoort te hoor: enkelwoorde soos "geel" en "oor". Wanneer Lingi twee jaar oud word (druk weer die voete), begin hy kort sinne maak. Druk sy oor en die sinne word langer.

Wanneer Lingi drie jaar oud word (jy weet nou al hoe om hom te laat verjaar, nè?) aap sy spraak dié van 'n drie- tot vierjarige na. Kinders van dié ouderdom se sin vir humor begin ook al ontwikkel en Lingi maak grappies.

Daar is ook 'n vlak waar kleuters na kort stories kan luister. Ouers kan self meer stories op Lingi laai - hy het 'n ingeboude USB-kabel.

Lees meer by www.lingi.co.za, waar jy ook die beer teen R899 kan koop.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM