Die gebied word reeds vir meer as 50 jaar beskerm en ongeveer 89% vanalle gevalle waar 'n mantarog in Suid-Afrika gesien word, is hier aangeteken.
Die park is onlangs 'n Mission Blue Hope Spot gedoop, en is nou deel van 'norganisasie wat omsien na spesifieke kolle wat krities is tot oseaangesondheid.
Mantarôe speel 'n groot rol in die oseaan. Hulle beheer die voorkoms vanplankton en reguleer verspreiding van nutriënte.
Daarby kan hulle 'nbelangriker rol speel in die toerismebedryf, maar hulle behoort beter beskermword teen onvolhoubare vissery: treilers, visnette enoliemaatskappybedrywighede doen hulle skade.
Dié bedreigde spesies is reeds opdie IUCN se rooidatalys. Navorsing en samewerkingsooreenkomste saam met parkewaar dié spesie voorkom, sal help om die voortbestaan te verseker.
Klem is daarop gelê dat lande moet saamwerk, aangesien hierdie spesiemigreer en ook in Mosambiek voorkom.















