Vertel ons van jou onvergeetlike ervaringe in die buiteland.
Ek het al in die Arktiese streek in 'n grot onder 'n ysberg geduik,vanaf die wêreld se mees noordelike dorp, Longyearbyen op Noorweë se Svalbard-eiland, met 'n sneeumobiel na Barentsburg gery (laasgenoemde is op Svalbard,maar behoort aan Rusland).
Daar was die keer toe ek Suid-Afrika as ruiter by 'n inter-nasionaleveldperdritkompetisie in België verteenwoordig het, en ek het ook al vanNoorweë af na Swede geseil.
Op eie bodem het ek die land platgery met my Ural-syspanmotorfiets enoral waar ek kom, gekamp en per motorfiets die grondpaaie tussen Johannesburgen Polokwane verken. Maar dié ses dae lange perderit uit die Klein-Karoo totaan die kus is boaan my avontuurlys!
Hoe werk dit?
Celia le Roux van Karoo Horse Adventures is die organiseerder. Sy woonop die Doornkraal-plaas net buite De Rust, waar die Le Rouxs al vir meer as 140jaar boer.
Ek het Celia deur 'n gemeenskaplike vriendin, Helen Griffiths, ontmoettoe ons Doornkraal in 2022 besoek het. Celia het daardie dag genoem dat sygraag 'n perderoete wil bedink wat oor twee bergreekse - die Kammanassie en dieOuteniekwa - strek, en ek en Helen het dadelik ingestem.
Die roete begin by De Rust en eindig by Glentana naby George. Ons hetelke dag tussen 20 km en 35 km afgelê. Die verandering in die landskappe isdramaties - van plat plaasgrond na heuwelagtige laaglande en uiteindelik dierotsagtige berge.
Ons het riviere, paaie, plase en landerye gekruis (darem mettoestemming!) waartoe die publiek nie noodwendig toegang het nie. Die enigstekonstante was die fynbos - dit was September en die veldblomme was in al hulleglorie.
Wie kan dié rit aflê?
Jy moet 'n ervare ruiter wees. Ses dae in 'n saal oor bergagtige terreinis nie vir groentjies nie! Bygesê, Celia bied ook korte ritte vir minder ervareruiters aan.
Waar oornag 'n mens?
Die eerste aand slaap jy op Doornkraal en sit saam met Celia se pa, oomSwepie, aan vir aandete. Die volgende nag het ons in 'n afgeleë plekkie langsdie Vermaaksrivier in die Kammanassieberg gekamp (met 'n puttoilet en 'n stortwat ons self geprakseer het!).
Die perde is naby vasgebind en van die ruiters het sommer net so ooponder die sterre geslaap. Die daaropvolgende twee nagte se verblyf was inluukse plaashuise en lodges - Jacobsdal en Louvain.
En by die Oakhurst-plaas naby Hoekwil het 'n verhitte plonspoel gewag.Die laaste aand slaap jy in die Le Roux-familie se strandhuis op Glentana.
Wat maak perdry vir jou besonders?
Op 'n perd se rug het 'n mens genoeg tyd om die landskap rondom jouwerklik te waardeer. Die meeste dae was daar vir ure aaneen nie 'n enkelegebou, pad of selfs eens 'n telefoonpaal in sig nie.
Soms ry jy langs iemand anders en knoop 'n geselsie aan, ander kere kanjy weer in jou eie gedagtes verdiep raak. Die perde waarmee ons gery het, wasongelooflik - topfiks en vas op hulle pote.
Dis saggeaarde, goed opgeleide diere.
Wat moet 'n mens inpak?
Jou perdry-oorbroek (chaps), handskoene, helm, gemaklike skoenewaarmee jy kan ry en rondloop, 'n duursame rybroek wat die aanslag vandoringbosse kan hanteer en 'n bumnah (skaapvelsaaloortreksel) indien jynie daaraan gewoond is om dae aaneen hard te ry nie. Etes en kospakkies wordvoorsien. Ons het soos konings gesmul!
Wat is jou volgende avontuur?
Ek ry hierdie Desember met my syspanmotorfiets van Plettenbergbaai aftot in Kaapstad.
Lus vir 'n perdryvakansie?
Gaan na https://kleinkaroohorseadventures.com/kleinkaroohorseadventures.com.

Karen maak mooi sketse op haar reise. Volg haar op Instagram.















