Die Sondag gaan ek bietjie op Instagram en sien die SARIE-uitgawe (Julie/Augustus 2025).
Daar’s ’n artikel wat my aandag trek en ek vra my man om vir my die SARIE te koop toe hy winkel toe gaan vir ’n paar inkopies.
Ek het nie dadelik die SARIE gelees nie, want ons het die dag gebraai. Maandag breek aan met ’n winter-bleekheid in die lug en ek vat die SARIE toe ek op die stoep in die flou wintersonnetjie gaan sit.
Ek lees een leser se brief (“My 1964-lyf”), en lag my ’n papie vir hoe sy dit geskryf het.
My man kom uit en sê hy gaan van nou af altyd die SARIE vir my koop as hy my so lekker hoor lag.
Ek lees dit verder aandagtig deur en toe kom vra my meisiekind of daar blokraaie in is.
Ons sit so die hele Maandag blokraaie en invul en vergeet van al die negatiewe dinge in die lewe wat mens soms so blou kan laat voel.
Ek doop toe die bleek wintersdag ’n “Maandag-lekkerte”.
Dankie, SARIE, vir ’n puik uitgawe wat vir mens iets in die lewe beteken!
– Louise Marais, Centurion
Baie bly om te hoor SARIE kon ’n bleek en blou Maandag opkikker! Wees gerus ook op die uitkyk vir die nuwe SARIE Blokraai met meer as 150 raaisels. Dis nou reeds te koop.
– SARIE-span

Skryf aan SARIE
- Skryf aan SARIE, Julle sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos aan: sarie@sarie.com.
- Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort.
- Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie.
- Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat.
- Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie.
- En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.





















