Reserwebank hou rentekoers onveranderd

Die Reserwebank het Donderdag, soos verwag, die rentekoers onveranderd gehou.

Dit beteken die repokoers bly steeds 6,75%, terwyl die prima uitleenkoers van banke 10,25% beloop.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het by die jongste aankondiging genoem dat daar steeds verskeie faktore is, soos geopolitieke spanning, die olieprys en kospryse, wat die bank laat besluit het om eerder nog te sien hoe dit inflasie kan beïnvloed.

Hy sê wel op plaaslike bodem is daar belowende data wat aandui dat Desember se amptelike inflasiesyfer van 3,6% ’n hoogtepunt verteenwoordig en moontlik voortaan sal daal.

*Meer volg later.

SPELETJIES VANDAG

CTA