Staat mag brandstoftenks by BP koop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n BP-logo by 'n Londense vulstasie.  Sowel die Britse oliereus BP as die Franse groep Total se syfers vir hul eerste kwartaal wys hul wins met raffinering en die verkoop van brandstof het gehelp om die val van 50% in ruoliepryse te versa
'n BP-logo by 'n Londense vulstasie. Sowel die Britse oliereus BP as die Franse groep Total se syfers vir hul eerste kwartaal wys hul wins met raffinering en die verkoop van brandstof het gehelp om die val van 50% in ruoliepryse te versa

Die Strategiese Brandstoffonds (SFF) het by die Mededingingskommissie goedkeuring gekry om 'n 50%-belang in 'n brandstoftenkplaas wat aan die oliegroep BP behoort in Kaapstad te koop.

Die SFF is deel van die staatsbeheerde Sentrale Energiefonds (SEF), en is verantwoordelik vir die bestuur van die staat se strategiese olievoorraad. Hy verhuur die Saldanha-olietenks aan private oliehandelaars.

BP het die tenkplaas in die nywerheidsgebied Montague Gardens gebruik om petrol, diesel, vliegtuigbrandstof en paraffien te stoor.

Die Mededingingskommissie het vandeesweek aanbeveel dat die Mededingingstribunaal die transaksie sonder enige voorwaardes goedkeur, want hy meen daar is nie enige mededingingskwessies ter sprake nie.

Die SFF bedryf benewens die Saldanha-olietenks ook ander brandstofopgaarplekke wat hy óf verhuur aan plaaslike en internasionale oliehandelaars óf gebruik om strategiese voorraad te berg.

'n Lugfoto van die Strategiese Brandstoffonds se olietenkplaas by Saldanha. Foto: SFF
'n Lugfoto van die Strategiese Brandstoffonds se olietenkplaas by Saldanha. Foto: SFF

Die SFF het ook die taak om omgewingsbeskerming teen oliebesoedeling te bied.

BP het die brandstoftenkplaas gebruik om brandstofprodukte op te gaar wat per skip via die Kaapse hawe ingevoer is of wat hy van Astron Energy se raffinadery in Milnerton aankoop vir verspreiding deur sy netwerk van vulstasies.

Volgens die kommissie sal die transaksie nie mededinging in enige mark verhoed of verminder nie.

Die SEF is besig om die SFF met sy filiale PetroSA en iGas saam te smelt om 'n nasionale oliemaatskappy te skep wat op groter skaal met private brandstofmaatskappye kan meeding.

Die SEF onderhandel ook tans met Shell en BP oor die moontlike oorname van hul olieraffinadery in Durban, Sapref, wat tans gesluit is omdat Shell en BP dit nie meer winsgewend kan bedryf nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA